cogito, ergo sum.
agter die westerkerk in amsterdam
het descartes
in die vroeë ure voor die son
nagedink oor sy befaamde woorde: cogito, ergo sum
nooit het hy voorsien dat ek, dink, daarom is ek nie
descartes is nie meer daar nie
bestaan nie want hy dink nie
hy weet niks nie
hy weet nie van amsterdam nie
weet nie van sy eksistensie nie
hy is die nihilo
uit hom het die ex nihilo die kentering gebring
die nuwe bestaan in nihilo.
na denke het die stik donkerte toegeslaan.
bloed en brein se passie is ondaan
geen bestaan
voor die denke en na die denke is niks
niks het geseëvier.
voor die stik donkerte het die liggies
van Amsterdam gefonkel
terwyl hy deur die is, kronkel
van die is nie
kan nie dit is, nie word nie
© Hennie Maartens, 2023