Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 202321 June 2023

Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans

 

Reinhard Mey. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

ʼn Liefdeslied aan Berlyn, ryk aan betekenisspanninge

 

Die stand van kommunisme, as sosiaal-ekonomiese bestel én as werkbare ideologie, het in die laat-tagtigerjare ’n dieptepunt bereik.

Russiese president Mikhail Gorbatsjof het met sy perestroika-hervormings, en met sy glasnost-benadering tot oper politieke verhoudings, nuwe hoop in die harte van miljoene mense gebring; ook in Oos-Duitsland.

Op 5 Februarie 1989 is die laaste slagoffer van die Berlynse Muur-bewaking, die 20-jarige Chris Gueffroy, deur die grenstroepe doodgeskiet toe hy die skeidingsmuur tussen Oos en Wes probeer oorsteek het. Die laaste waarskuwingskote om so ’n vlugpoging te stuit is op 8 April daardie selfde jaar afgevuur.

Intussen het politieke teenstand in Oos-Duitsland toenemende uiting in kerklike, omgewingsbewarings- en vredesbewegings gevind. Betogings het oral voorgekom. Duisende Oos-Duitse burgers het in die Europese somer van 1989 die moontlikheid benut om oor die Hongaarse grens en dan via die Wes-Duitse ambassade in Praag na die Weste te vlug.

Die kommunistiese bestel het onredbaar gewankel. Op 9 November daardie krisisjaar is aangekondig dat die grensoorgange tussen die twee Duitslande onmiddellik geopen word. Duisende eers ongelowige en toe uitbundige Oos- en Wes-Duitsers het die Berlynse Muur bestorm, dit oor-en-weer oorgesteek en stukke daarvan begin afbreek.

Op 1 Julie 1990 is alle grensbeheer tussen die twee voormalige Duitslande afgeskaf. Drie maande later is die twee state amptelik herenig.

Alles het egter nie meteens glad verloop ná hereniging nie. Selfs vandag nog bestaan daar misverstande en stereotiperings tussen die sogenaamd “onbekwame, ondankbare Ossis” en die sogenaamd “beterweterige, arrogante Wessis”. Eers die jongste geslag Duitsers sal waarskynlik hierdie geskille heeltemal uit die weg geruim kry.

Reinhard Mey, soos voorheen aangetoon waarskynlik die Liedermacher met die meeste aansien vandag, het sy hele lewe in Berlyn deurgebring. In ’n hele paar liedere het hy sy verhouding met dié stad verwoord.

Daar is geen beter noot om hierdie verhaal oor die Liedermacher in die skadu van die Berlynse Muur af te sluit as met Mey se roerende belydenis oor hoe diep die stad hom bly raak nie.

 

Berlin tut weh

 

Ich hab’ mit dir gelebt mein ganzes Leben.
Ich kenn’ dich in- und auswendig, scheint mir,
Und all’ meine Erinn’rungen verweben
Sich ganz mit deinem Namen und mit dir.
Sie sagen, du tust gut, ich glaube eher,
Du rührst mich, wühlst mich auf, wenn ich dich seh’,
Du triffst mich tiefer, du gehst mir viel näher:
Du tust mir weh!

Du tust mir weh!

Du malst dich an mit grellen bunten Farben,
Sie schminken dich mit Oberflächlichkeit,
Aber ich sehe jede deiner Narben
Und alle Schatten der Vergangenheit.
Vergessen und verraten und geschunden:
Wenn ich hinter deine Fassaden seh’,
Ist mir’s, als spürt’ ich jede deiner Wunden.
Du tust mir weh.
Du tust mir weh!

Staatsmann und Hinterbänkler, alle kamen
Mit großen Sprüchen und mit Prunk und Pracht,
Und alle schmückten sich mit deinem Namen
Und gingen wie die Diebe in der Nacht.
Es schmerzt zu sehen, wie sie dich mißbrauchen
Für jede Lüge, für jedes Klischee,
Um ihren Phrasen Leben einzuhauchen.
Du tust mir weh.
Du tust mir weh!

 

Fast alle meine Freunde sind gegangen.
Gewiß, manchmal verstehe ich sie gut.
Ich habe nur zu sehr an dir gehangen,
Mit meiner Trauer und mit meiner Wut.
Wie oft verlasse ich dich in Gedanken
Und komm’ kleinlaut zurück, bevor ich geh’!
So stiehlt man sich nicht vom Bett eines Kranken.
Du tust mir weh.
Du tust mir weh!

Du hast mich um ein Stück Freiheit betrogen,
Mich, der nichts Teureres als Freiheit weiß.
Doch immer hat es mich zu dir gezogen,
Vielleicht kenne ich darum ihren Preis.
Ich liebe dich, du Stadt mit allen Schmerzen
Und trage halt wohin immer ich geh’,
Einen Splitter von dir in meinem Herzen!
Du tust mir weh.
Berlin tut weh.

 

  • Teks en toonsetting: Reinhard Mey; van die langspeelplaat Alleingang, Intercord Ton GmbH, 1986; die opname kan beluisrer word by https://www.youtube.com/watch?v=5L2JnqRaDWk)

 

***

 

Vertaling:

 

Berlyn maak seer

 

Ek woon in jou so lank as wat ek lewe;

van elke hoek of kant af ken ek jou.

Al my herinnerings is eng verwewe

met jou bekende name en met jou.

Jy doen mens goed, sê hulle. Ék meen eerder:

Jy róér mens, wen mens óp, ja, keer op keer.

Jy raak my wese, laat my kwaad vertederd.

Jy maak my seer!

Jy maak my seer.

 

Met mure skel beverf en vol graffiti

staan jy, gesmuk in oppervlakkigheid.

Jou waarmerk vind mens egter heelwat dieper:

in al die skaduwees van toentertyd –

vergete, dus, verraai selfs, diep geskonde.

Ek wéét wat jou fassades wil maskeer;

dit pols in my soos nooit genese wonde.

Jy maak mens seer.

Jy maak my seer.

 

Toe kom die staatshoofde en agterbankers,

gewigtig met hul pratery en praal.

Jou name was soos krone in hul tande,

kortstondig – tot die wêreldaandag dwaal.

Dit was skandalig soos wat jy misbruik is

vir klomp clichés, vir leuentaal oor en weer;

bombas vir strewers, beeldspraak vir gefnuiktes.

Dit maak mens seer.

Jy maak my seer.

 

So baie vriende het gekies vir weggaan;

om redes, moet ek toegee, baie goed.

Dis net dat jy my onweerstaanbaar aangaan:

my bron van droefheid, woede, maar ook moed.

So dikwels ek finaal jou wou verlaat het,

het ek, skoorvoetend, maar weer teruggekeer …

Dit was soos om ’n sieke te versaak het!

Jy maak my seer.

Jy maak mens seer.

 

Ek weet dat leef in jou my soms beperk het;

mý, wat die vryheid so bo alles stel.

Dis juis wat bande tussen ons gesterk het:

Wat vryheid kos, weet albei alte wel.

Ek het jou lief, o stad van soveel hartseer

en voel, al dwaal ek waarheen, weer en weer:

Daar bly ’n splinter jy hier ín my vassteek.

En dit maak seer.

Berlyn maak seer.

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans
Anoniem. Liedvertaling in Afrikaans →

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam
  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon