Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 June 202326 June 2023

Anoniem. Liedvertaling in Afrikaans

 

Anoniem. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

As toegif: ʼn geestesvryheidslied wat op strooibiljette die lig gesien het

 

“Die Gedanken sind frei” (letterlik: Die gedagtes is vry) is ’n lied wat, sover vasgestel kon word, kort voor 1800 in Suid-Duitsland op verskeie strooibiljette verskyn het. In tye van politieke verdrukking of bedreiging, toe én daarna, is dit benut om die begeerte na vryheid en onafhanklikheid uit te druk. Een voorbeeld uit meer onlangse tye: Gedurende die vreedsame rewolusie ter vereniging van Wes- en Oos-Duitsland in 1989 is dit deur simfoniërs, naamlik van die Dresdner Staatskapelle, op die Teaterplein in Dresden uitgevoer. Derduisende optogvoerders in die omtrek het terstond nader gestaan en die lied begin sing. Dit was ’n aangrypende hoogtepunt van die destydse geskiedkundige gebeure.

G’n wonder nie dat ’n polities-maatskaplik betrokke Liedermacher soos Thomas Friz dit op sy 1996-album Heimatland ade (Verlag ‘pláne’ GmbH, Dortmund) ingesluit het.

Die oorspronklike liedteksskrywer en toonsetter is onbekend; die mees bekende weergawe daarvan is wel in 1842 deur Hoffmann von Fallersleben opgeteken.

 

Die Gedanken sind frei

 

Die Gedanken sind frei!

Wer kann sie erraten?

Sie fliegen vorbei

wie nächtliche Schatten.

Kein Mensch kann sie wissen,

kein Jäger sie schiessen

mit Pulver und Blei!

Die Gedanken sind frei!

 

Ich denke was ich will

und was mich beglücket,

doch alles in der Still’

und wie es sich schicket.

Mein Wunsch und Begehren

kann niemand verwehren,

es bleibet dabei:

Die Gedanken sind frei!

 

Ich liebe den Wein,

mein Mädchen vor allen;

sie tut mir allein

am besten gefallen.

Ich bin nicht alleine

bei einem Glas Weine,

mein Mädchen dabei:

Die Gedanken sind frei!

 

Und sperrt man mich ein

im finsteren Kerker,

das alles sind rein

vergebliche Werke;

denn meine Gedanken

zerreiβen die Schranken

und Mauern entzwei.

Die Gedanken sind frei!

 

(Die volgende strofe is later – anoniem – bygerym:)

Drum will ich auf immer

den Sorgen absagen

und will mich auch nimmer

mit Grillen mehr plagen.

Man kann ja im Herzen

stets lachen und scherzen

und denken dabei:

die Gedanken sind frei.

 

  • Teks & toonsetting: anoniem; die mees gewilde weergawe daarvan is in 1842 gepubliseer in Hoffmann von Fallersleben en Ernst Heinrich se volksliedversameling Schlesiche Volkslieder mit Melodien; ’n opname van ’n vertolking deur die Duitse tenoor Hermann Prey kan beluister word by https://www.last.fm/ru/music/Hermann+Prey/_/Die+Gedanken+sind+frei)

 

***

 

Mens se denke is vry

 

Mens se denke is vry.

Dit volg eie impuls;

ontvou en vergly

soos skaduweewimpels.

Dis nie te gebied nie

en nie dood te skiet nie –

vergeefs die bestry!

Mens se denke is vry!

 

Ek dink net wat ek wil;

dit hou my begeesterd.

Ek hou dit wel stil –

bly so daarvan meester.

Wat niemand vermoed nie

kan niemand verhoed nie.

Dis selfheerskappy:

Mens se denke is vry!

 

Ek hou van my wyn,

nog meer van my meisie;

laat sorge verdwyn

deur niks meer te eis nie.

Sy sê sy is myne,

my beker het wyn in –

maar voeg tog daarby:

Mens se denke is vry!

 

Al smyt hul my kaal

in stikdonker kerkers –

in Bybelse taal:

Dis ydele werke.

Want, kyk, die gedagtes

ontwyk al wat wag is,

stoot mure opsy!

Mens se denke is vry!

 

Dus sê ek “nooit weer nie”

vir sulke beproewings;

verknies my nie meer nie.

Vaarwel, al die wroegings!

Ja, wees uitgelate

en korswel en skater –

want diep-in weet jy:

Mens se denke is vry!

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans

1e kommentaar op “Anoniem. Liedvertaling in Afrikaans”

  1. Joan Hambidge says:
    27 June 2023 at 16:03

    Uitstekend – dankie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d