Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 July 2023

Nuwe Bundel. Emmie Bedeker: Die grondgeitjie roep

Die grondgeitjie roep

Emmie Bedeker

Emmie Bedeker se gedigte oor die landskap en die liefde is so aards soos die Namibsand en so helder soos daardie onbesoedelde naghemel.

Omslag

Namibiese seënbede

Mag die reën jou sambreel wees

die hele somer lank in hierdie dorre land,

’n mopanievuur ’n lamp vir jou voet,

die Melkweg ’n dak vir jou kop

en mag daar ’n Toyota-bakkie wees

vir al jou goed.

Oor die outeur

Emmie Bedeker is op Prins Albert gebore waar sy gematrikuleer het. Die meeste van haar vakansies het sy in die Klein-Karoo op haar ouma se plaas deurgebring. Sy het B. Verpleegkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, is met ’n skoolliefde getroud en  het twee dogters. Ná ’n paar jaar van woon en werk op Stellenbosch is die gesin na Namibië waar hulle net drie jaar wou vertoef. Hulle woon egter steeds op dieselfde klein plekkie, Khorixas in Damaraland, waar hulle begin het: Die natuurskoon en eenvoud het hulle in die land gehou. Hier moes Emmie noodgedwonge ’n loopbaanskuif maak. Sy het vir die Universiteit van Namibië gewerk en haar M.A. in Afstandsonderrig verwerf, maar is deesdae eie baas.

Die grondgeitjie roep is Emmie se debuutbundel.

 

[Turksvy Publikasies, 2023. Prys: R220. ISBN: 978-0-6397-7219-6]

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nuwe Bundel. Johann Lodewyk Marais: Sirkelgang
Nuwe Bundel. Anita van der Walt: Lewe die sous werd →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d