Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 September 202322 September 2023

PERSVERKLARING: 2023-AVBOB Poësie-galageleentheid

 

 


DIE 2023-AVBOB POËSIEKOMPETISIE: VIERING VAN SUID-AFRIKA SE POËSIE-ERFENIS

 

Elf wenners van die 2023-AVBOB Poësiekompetisie (een vir elk van Suid-Afrika se amptelike tale) is op Woensdagaand 20 September tydens ’n sprankelende galaprystoekenningsgeleentheid by Pretoria Country Club aangekondig.

AVBOB-HUB Carl van der Riet het in die fokustoespraak poësie beskryf as ’n ruimte wat ons genesing bied deur middel van vertroosting en bemoediging, vernuwing en ondersteuning. “Ons huldiging van Erfenisdag op 24 September gaan gepaard met ons viering van Suid-Afrika se ryk en uiteenlopende digkunstradisies. Ons is in die besonder trots op die wyse waarop die AVBOB Poësiekompetisie bydra tot ons land se kulturele erfenis en dit verryk in al 11 amptelike tale,” het hy gesê.

“Digters is sedert die begin van die kompetisie aangemoedig om inskrywings in hul moedertaal voor te lê. Ons is verheug dat 55% van alle gedigte wat die afgelope jaar ingeskryf is, in Suid-Afrika se inheemse tale was,” het Van der Riet opgemerk. Hy het bygevoeg dat die AVBOB Poësiebiblioteek nou byna 21 000 gedigte bevat wat elk vir sy skrywer ’n gebruiksfooi van R300 verdien het. Dit beteken ’n belegging van meer as R6,2 miljoen om digters vanaf die aanvang van die kompetisie in 2017 te ondersteun.

Die wenner van elke taalkategorie van die AVBOB Poësiekompetisie het’n kontantprys van R10 000, ’n R2 500-boekgeskenkbewys en ’n elegante trofee ontvang. Elke gas by die geleentheid het ook ’n eksemplaar van die jaarlikse bloemlesing, I wish I’d said … Vol. 6, ontvang wat hier bekend gestel is. Die top-ses gedigte in elke taal is in die bloemlesing gepubliseer (elkeen met ’n vertaling in Engels).

’n Keur van opdraggedigte en ses Khoisan-gedigte uit die Bleek-en-Lloyd-versameling rond die bloemlesing af. Hierdie omvattende bundel is saamgestel deur die hoofredakteur van die AVBOB Poësiekompetisie, Johann de Lange, en die Tshivenda-redakteur van die kompetisie, Agnes Mawela.

 

Volgens De Lange “belig poësie die universele behoefte om ’n doel en betekenis in ons donkerste ure te vind. Die AVBOB Poësiekompetisie inspireer digters om hul diepste gevoelens te verwoord en hoop lewend te hou. Die uitbou van ons poësiegemeenskap help mense om bemoediging en samesyn te vind in die lees en skryf van hierdie lewegewende en ondersteunende kunsvorm.”

Gaste is vermaak deur die talentvolle sekstet van sangers, Just 6. Hul fassinerende kombinasie van a capella-stemme het ’n besonderse en lewendige klank tot die aand bygedra deurdat hulle inheemse Afrika-klanke met oorspronklike harmonieë vermeng het. Dié energieke klank het die regte atmosfeer geskep vir die geleentheid se glansryke compère, Bolele Polisa, om elke wenner voor te stel.

In alfabetiese volgorde van taalkategorie is die 2023-AVBOB Poësiepryswenners (1ste prys): Natalie Goetsch (Afrikaans), Lethube Hellen Phaladi (Engels), Nkululeko Mthembu (isiNdebele), Siphosakhe Gogo (isiXhosa), Zimkhitha Mbhele (isiZulu), Mahlogonolo Shilela Masehla (Sepedi), Brian Makara (Sesotho), Mosimanegape Jasone (Setswana), Prisca Nkosi (Siswati), Rokunda Mulovhedzi (Tshivenḓa) and Bongani Hlungwani (Xitsonga).

 

Om I Wish I’d Said… Vol.6 te bestel, SMS die woord ‘POEM’ aan 48423 (teen ’n standaardkoste van R1.50 per SMS) sodat dit aan jou teen ’n totale koste van R240 gestuur kan word. Of e-pos jou bestelling aan tertia@naledi.co.za of koop dit by uitgesoekte boekwinkels.

 

Besoek www.avbobpoetry.co.za om toegang te kry tot die AVBOB Poësiebiblioteek en om te registreer vir die 2024-AVBOB Poësiekompetisie (wat op 30 November 2023 sluit).

 

In alfabetiese volgorde volgens taalkategorie is die 2023-AVBOB Poësiekompetisie-wenners:

 

Afrikaans: wenner Naam: Natalie Goetsch

Gedig: Jaareind

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Wilmarie Pekeur Ian de Beer Jaomi Zeeman Jacques Boshoff Gerhard Barkhuizen
Gedig Onder die invloed van die dood In absentia Diepsee in (vir Oom Willem) Boodskapper Oom Neels

 

Engels: wenner Naam: Lethube Hellen Phaladi

Gedig: Shai, Isaac Shai

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Geoffrey Haresnape Adre Marshall Jaco Fouché David Muirhead Sanelisiwe Nqashosho
Gedig Tom Southcross – How the Nazarene loved the world Autumnal Train of thought The triple rainbow Rooted: The grounding

 

isiNdebele: wenner Naam: Nkululeko Mthembu

Gedig: Angeze angiliselela

Naaswenner 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter NP Sikhosana Thobile Skosana Da Poet Nkanyiso Musa Machabe Nozipho F Sikhosana
Gedig Ngisale ngibambe uboya bentenetjha Lirhabe latjhinga Usesenawe nagadesi Ungazilahli iinkhali zokuthumba Iinhlungu zizokutjhuguluka zibe ziimbusiso

 

isiXhosa: wenner Naam: Siphosakhe Gogo

Gedig: Eluthulini

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Anelisa Thengimfene Siwaphiwe Fortune ‘Spurz’ Shweni Ayanda Chris Mntwapi Elona Ramente Athi Simamkele Dyantyi
Gedig Intswelangqesho Ingoma

yengcwaba

Hamb’uhambe, Khorona! Ukuzibulala Halala maqobokazana!

 

isiZulu: wenner Naam: Zimkhitha Mbhele

Gedig: Lwephukile udondolo kwamnyama

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Yolanda Zungu Delisile Mbatha Thokozonke Mbatha Sibusiso Zwane Mlungisi Shabalala
Gedig Ubeyisihlangu esimagabelo Wahamba amalombo Isililo sikazamcolo Inkunzi ematshezulu Mntanami

 

Sepedi:

wenner

Naam: Mahlogonolo Shilela Masehla

Gedig: Lengwalo la Malome Motšhabagabo

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Mosima Phakane Tshepiso Makgoloane Matebane Oscar Nkogatsi Dineo Kekana Lucia Monama
Gedig Hlanola direthe Re a le bona Ke tsene ke homotše Meokgo ya mma waka O kae bjale?

 

Sesotho: wenner Naam: Brian Makara

Gedig: Letsoho

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Rethabile Molibeli Elia Msimanga Thabo Molefi Lesitsi Ligunya Tlhokomelo Khusu
Gedig Moratuwa Ke hloka lentswe leo Mme waka Fela sa lerato Tlhokomelo

 

Setswana: wenner Naam: Mosimanegape Jasone

Gedig: Loso

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Othusitse Moses Lobelo Ontiretse Lentotwane Dineo Ntwayagae Balekane Frank Mogale Bongani Tlholatlung
Gedig Motlholagadi Kopo ya lenyalo Barutabana Dumela Kgorogo

 

Siswati:

wenner

Naam: Prisca Nkosi

Gedig: Tinyembeti

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Zenani Mooi Muinga Naledi Mgwenya Nelisiwe Jele Zodwa Thumbathi Tafadzwa Sithembile Ngobe
Gedig Akusibo budvodza kushaya umfati Kujutjwa ticu temtimba tentiw’imitsi? Inhlavu yelilanga Matekuletjeni Linamuhla kusasa litawuba ngumlandvo

 

Tshivenḓa: wenner Naam: Rokunda Mulovhedzi

Gedig: Gundo ndi ḽaṋu

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Rudzani Neluheni Livhuwani Phyllis Muofhe Ronewa Khangale Shane Rashaka Jeremiah Neluvhalani
Gedig  Iwe, Lufu Tshilikadzi Ni ḓo nnḓivha lufuni Iwe mufu Vho u rema uḽa muri

 

Xitsonga: wenner Naam: Bongani Hlungwani

Gedig: Mbewulani

Naaswenners 2de plek 3de plek 4de plek 5de plek 6de plek
Digter Mufundhisi Thomas Mthombeni G Mchavi Millicent Malatswane Vuk
…

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← AVBOB Poësiekompetisie nou oop
Natalie Goetsch wen AVBOB Poësiekompetisie (Afrikaans) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d