DIE 2023-AVBOB POËSIEKOMPETISIE: VIERING VAN SUID-AFRIKA SE POËSIE-ERFENIS
Elf wenners van die 2023-AVBOB Poësiekompetisie (een vir elk van Suid-Afrika se amptelike tale) is op Woensdagaand 20 September tydens ’n sprankelende galaprystoekenningsgeleentheid by Pretoria Country Club aangekondig.
AVBOB-HUB Carl van der Riet het in die fokustoespraak poësie beskryf as ’n ruimte wat ons genesing bied deur middel van vertroosting en bemoediging, vernuwing en ondersteuning. “Ons huldiging van Erfenisdag op 24 September gaan gepaard met ons viering van Suid-Afrika se ryk en uiteenlopende digkunstradisies. Ons is in die besonder trots op die wyse waarop die AVBOB Poësiekompetisie bydra tot ons land se kulturele erfenis en dit verryk in al 11 amptelike tale,” het hy gesê.
“Digters is sedert die begin van die kompetisie aangemoedig om inskrywings in hul moedertaal voor te lê. Ons is verheug dat 55% van alle gedigte wat die afgelope jaar ingeskryf is, in Suid-Afrika se inheemse tale was,” het Van der Riet opgemerk. Hy het bygevoeg dat die AVBOB Poësiebiblioteek nou byna 21 000 gedigte bevat wat elk vir sy skrywer ’n gebruiksfooi van R300 verdien het. Dit beteken ’n belegging van meer as R6,2 miljoen om digters vanaf die aanvang van die kompetisie in 2017 te ondersteun.
Die wenner van elke taalkategorie van die AVBOB Poësiekompetisie het’n kontantprys van R10 000, ’n R2 500-boekgeskenkbewys en ’n elegante trofee ontvang. Elke gas by die geleentheid het ook ’n eksemplaar van die jaarlikse bloemlesing, I wish I’d said … Vol. 6, ontvang wat hier bekend gestel is. Die top-ses gedigte in elke taal is in die bloemlesing gepubliseer (elkeen met ’n vertaling in Engels).
’n Keur van opdraggedigte en ses Khoisan-gedigte uit die Bleek-en-Lloyd-versameling rond die bloemlesing af. Hierdie omvattende bundel is saamgestel deur die hoofredakteur van die AVBOB Poësiekompetisie, Johann de Lange, en die Tshivenda-redakteur van die kompetisie, Agnes Mawela.
Volgens De Lange “belig poësie die universele behoefte om ’n doel en betekenis in ons donkerste ure te vind. Die AVBOB Poësiekompetisie inspireer digters om hul diepste gevoelens te verwoord en hoop lewend te hou. Die uitbou van ons poësiegemeenskap help mense om bemoediging en samesyn te vind in die lees en skryf van hierdie lewegewende en ondersteunende kunsvorm.”
Gaste is vermaak deur die talentvolle sekstet van sangers, Just 6. Hul fassinerende kombinasie van a capella-stemme het ’n besonderse en lewendige klank tot die aand bygedra deurdat hulle inheemse Afrika-klanke met oorspronklike harmonieë vermeng het. Dié energieke klank het die regte atmosfeer geskep vir die geleentheid se glansryke compère, Bolele Polisa, om elke wenner voor te stel.
In alfabetiese volgorde van taalkategorie is die 2023-AVBOB Poësiepryswenners (1ste prys): Natalie Goetsch (Afrikaans), Lethube Hellen Phaladi (Engels), Nkululeko Mthembu (isiNdebele), Siphosakhe Gogo (isiXhosa), Zimkhitha Mbhele (isiZulu), Mahlogonolo Shilela Masehla (Sepedi), Brian Makara (Sesotho), Mosimanegape Jasone (Setswana), Prisca Nkosi (Siswati), Rokunda Mulovhedzi (Tshivená¸a) and Bongani Hlungwani (Xitsonga).
Om I Wish I’d Said… Vol.6 te bestel, SMS die woord ‘POEM’ aan 48423 (teen ’n standaardkoste van R1.50 per SMS) sodat dit aan jou teen ’n totale koste van R240 gestuur kan word. Of e-pos jou bestelling aan tertia@naledi.co.za of koop dit by uitgesoekte boekwinkels.
Besoek www.avbobpoetry.co.za om toegang te kry tot die AVBOB Poësiebiblioteek en om te registreer vir die 2024-AVBOB Poësiekompetisie (wat op 30 November 2023 sluit).
In alfabetiese volgorde volgens taalkategorie is die 2023-AVBOB Poësiekompetisie-wenners:
Afrikaans: wenner | Naam: Natalie Goetsch
Gedig: Jaareind |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Wilmarie Pekeur | Ian de Beer | Jaomi Zeeman | Jacques Boshoff | Gerhard Barkhuizen |
Gedig | Onder die invloed van die dood | In absentia | Diepsee in (vir Oom Willem) | Boodskapper | Oom Neels |
Engels: wenner | Naam: Lethube Hellen Phaladi
Gedig: Shai, Isaac Shai |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Geoffrey Haresnape | Adre Marshall | Jaco Fouché | David Muirhead | Sanelisiwe Nqashosho |
Gedig | Tom Southcross – How the Nazarene loved the world | Autumnal | Train of thought | The triple rainbow | Rooted: The grounding |
isiNdebele: wenner | Naam: Nkululeko Mthembu
Gedig: Angeze angiliselela |
||||
Naaswenner | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | NP Sikhosana | Thobile Skosana | Da Poet Nkanyiso | Musa Machabe | Nozipho F Sikhosana |
Gedig | Ngisale ngibambe uboya bentenetjha | Lirhabe latjhinga | Usesenawe nagadesi | Ungazilahli iinkhali zokuthumba | Iinhlungu zizokutjhuguluka zibe ziimbusiso |
isiXhosa: wenner | Naam: Siphosakhe Gogo
Gedig: Eluthulini |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Anelisa Thengimfene | Siwaphiwe Fortune ‘Spurz’ Shweni | Ayanda Chris Mntwapi | Elona Ramente | Athi Simamkele Dyantyi |
Gedig | Intswelangqesho | Ingoma
yengcwaba |
Hamb’uhambe, Khorona! | Ukuzibulala | Halala maqobokazana! |
isiZulu: wenner | Naam: Zimkhitha Mbhele
Gedig: Lwephukile udondolo kwamnyama |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Yolanda Zungu | Delisile Mbatha | Thokozonke Mbatha | Sibusiso Zwane | Mlungisi Shabalala |
Gedig | Ubeyisihlangu esimagabelo | Wahamba amalombo | Isililo sikazamcolo | Inkunzi ematshezulu | Mntanami |
Sepedi:
wenner |
Naam: Mahlogonolo Shilela Masehla
Gedig: Lengwalo la Malome Motšhabagabo |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Mosima Phakane | Tshepiso Makgoloane | Matebane Oscar Nkogatsi | Dineo Kekana | Lucia Monama |
Gedig | Hlanola direthe | Re a le bona | Ke tsene ke homotše | Meokgo ya mma waka | O kae bjale? |
Sesotho: wenner | Naam: Brian Makara
Gedig: Letsoho |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Rethabile Molibeli | Elia Msimanga | Thabo Molefi | Lesitsi Ligunya | Tlhokomelo Khusu |
Gedig | Moratuwa | Ke hloka lentswe leo | Mme waka | Fela sa lerato | Tlhokomelo |
Setswana: wenner | Naam: Mosimanegape Jasone
Gedig: Loso |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Othusitse Moses Lobelo | Ontiretse Lentotwane | Dineo Ntwayagae | Balekane Frank Mogale | Bongani Tlholatlung |
Gedig | Motlholagadi | Kopo ya lenyalo | Barutabana | Dumela | Kgorogo |
Siswati:
wenner |
Naam: Prisca Nkosi
Gedig: Tinyembeti |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Zenani Mooi Muinga | Naledi Mgwenya | Nelisiwe Jele | Zodwa Thumbathi | Tafadzwa Sithembile Ngobe |
Gedig | Akusibo budvodza kushaya umfati | Kujutjwa ticu temtimba tentiw’imitsi? | Inhlavu yelilanga | Matekuletjeni | Linamuhla kusasa litawuba ngumlandvo |
Tshivená¸a: wenner | Naam: Rokunda Mulovhedzi
Gedig: Gundo ndi ḽaá¹u |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Rudzani Neluheni | Livhuwani Phyllis Muofhe | Ronewa Khangale | Shane Rashaka | Jeremiah Neluvhalani |
Gedig | Iwe, Lufu | Tshilikadzi | Ni á¸o nná¸ivha lufuni | Iwe mufu | Vho u rema uḽa muri |
Xitsonga: wenner | Naam: Bongani Hlungwani
Gedig: Mbewulani |
||||
Naaswenners | 2de plek | 3de plek | 4de plek | 5de plek | 6de plek |
Digter | Mufundhisi Thomas Mthombeni | G Mchavi | Millicent Malatswane | Vuk |