Ons is tans besig om weer ‘n bundel saam te stel met die beste gedigte wat die afgelope jare op Versindaba verskyn het. Die bundel verskyn in 2024 as deel van die Afrikaans 100-projek.
In die lig hiervan nooi ons alle digters uit om gedigte aan Versindaba voor te lê vir moontlike opname in die bundel. Gedigte in enige digvorm en oor enige onderwerp is aanvaarbaar, maar vertalings word nie oorweeg nie. Enige aantal gedigte mag voorgelê word. Versindaba behou die reg voor om enige van die gedigte wat voorgelê word, op ons webwerf te publiseer – nie alle gedigte wat ons ontvang sal egter geplaas word of in die bundel verskyn nie. ‘n Seleksie van die beste gedigte wat tot einde Desember 2023 ontvang word, tesame met ander gedigte wat reeds op Versindaba verskyn het, sal in die bundel vervat word.
Alvorens gedigte in die vesamelbundel gepubliseer word, sal reëlings met digters getref word aangaande vergoeding en outeursreg. Digters behou in ieder geval outeursreg en gedigte wat op Versindaba verskyn het, mag later (met die nodige verwysing na Versindaba) weer gepubliseer word. Let Wel: Digters ontvang nie vergoeding vir gedigte wat op Versindaba se webwerf verskyn nie.
Gedigte kan gestuur word aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba
Elke gedig moet as afsonderlike Word-dokument by die e-pos aangeheg word. Kopiereg moet aan die einde van die gedig verklaar word in die volgende vorm: © Koos van der Merwe, 2023.
HIerdie bundel gaan beslis bydra tot die skatkis van Afrikaanse poësie!
Lieflike inisiatief!