Aan die anderkant van die Sprokie (1968)
Ek is in ’n kleuterskool
waar ek soos Raponsie alleen
in ’n toring sit en versorgers
op besemstokke rondvlieg.
Sprokies word voorgelees
waarin ek daagliks die huilende hoofrol speel.
Die wolf blaas my huisie om
die Hans-en-Grietjieheks vang my.
Jan en die Boontjierank se reus is besig
om my lewendig op te eet,
maar my ma werk ongestoord
fluit-fluit voort.
© Marthe McLoud, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.