Esdoring-geheime
Die esdoring lyk donkerpers
hierdie somer, soms wynrooibruin;
as vroeg-aandwinde blarevlae roer
in skemerson se skitterskyn
begin hul helder flits en magies flonker:
sierprag Kersboomliggies
in die sonderlinge semi-donker:
of miskien (wie weet?)
boodskappe vir boom-makkers ver en wyd:
is hul verdwaald hier van ’n ver planeet
– weereens die lewensboom wat saad oor ruimtes giet
waarmee die klankman
ingenome was as sterverskiet –
nou vasgevang in hierdie lig en tyd?
© Meyer J. van Rensburg, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.