
H. J. (Henning) Pieterse is gebore op 8 Augustus 1960 in Wageningen, Nederland. Hy is eindredakteur van John Boje se ’n Keur uit die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer (1989). Gedurende 1993–2003 is hy hoofredakteur van Tydskrif vir Letterkunde.
Vir sy debuutbundel, Alruin (1989), ontvang hy die Eugène Marais en die Ingrid Jonker-prys. In 1998 verskyn ’n kortverhaalbundel, Omdat ons alles is en in 2000 ’n tweede digbundel, Die burg van hertog Bloubaard, waarvoor hy die Hertzogprys in 2002 ontvang. Hy ontvang in 2003 die SABC2-/Aardklopprys vir Dramatekste. In 2007 verskyn sy vertaling van Rilke se Duineser Elegien/Duino-elegieë.
Pieterse was professor en hoof van die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf die begin van 2016 word hy professor in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
