A-Om.
Ons Vader wat in die wêreld is –
Laat verdeeldheid ontheilig word –
Laat die republiek nou reeds kom
– hier – oor ons ver verlate vlaktes
maar ook êrens elders, alom –
Gee ons vandag ons daaglikse skaduwee
en behoed ons van vergifnis sonder dade
nét soos wat ons die statusstoel moet verlaag
wat al ewig teen onse mensdom kom oortree.
Laat baar ons nie flonker-sisteme nie
en verlos ons van die ego –
Want aan U behoort die banneling,
die hond, en die samesyn
van nou af, tot in volste Bewus-Syn.
Satnam
Amen(s)
Om.
© Bester Meyer, 2023