vii
god-die-bloekom strek saans sy arms wyd
tintinkie-benoud en hadida-luid
in die hesperiese uur
god in ‘n oomblik se behoud
vermenigvuldig fyn sy ongelooflike estetiese kleinheid
hy is likied hibried water wat lewe skenk
hy gee waarde aan die eteriese aarde
in die middag staan en fuif hy
rooi tamaties dikgelyf en skink vir die siel uit die tuinslang
uit die tenk tot dat jy laataand van hom oorloop
© Nicolaas Geldenhuys, 2023