
Ian Raper is op 28 April 1945 gebore en sterf op 23 September 2023.
Raper se gedigte het in verskeie tydskrifte verskyn, o.a. Standpunte, Tydskrif vir letterkunde, Kol en die e-tydskrif Bloots. Hy het self twee bloemlesings, Verskeurings en Klikspringer (lg. die eerste e-versameling), saamgestel en gee klas vir digters by die Huis vir Afrikaanse poësie. Hy is ’n letterkundige van beroep en het radiopraatjies met die titel “Verse vir die volk” gelewer, asook Van Wyk Louw-gedenklesings.
In 2012 ontvang hy die Orde van die Goue Pen van Cordis Trust vir sy buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans. Sy bundel Oorlopers verskyn in 2013 by Cordis Trust Publikasies.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
