
Andries Samuel het grootgeword in die Vrystaat waar hy verskeie pryse vir kreatiewe skryfwerk as hoërskoolleerling aan Grey Kollege gewen het. Hy verwerf ‘n BA Argitektuur-graad en ‘n B.Arch nagraads aan die Universiteit van Kaapstad. Tussen grade werk hy in Tel Aviv en New York. Sy werk het verskyn op Litnet en in New Contrast. Benewens sy beroep as argitek werk hy ook deeltyds as skrywer en vertaler. Sy debuutdigbundel, wanpraktyk, het pas by Human & Rousseau verskyn.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
