Reën
Op ons dorp in die Karoo
het ons geweet dit gaan nou kom reën
hom geruik, hom ingewag
gehoop hy is de donder in
die water het modder
uit die stof gemaak
– stof was jy en tot stof –
maar nog nie nou nie
nou
plas ons deur die modderpoele
kaalvoet op pad na die rivier
hand-aan-hand
Daar kom hy!
stromend oor die driwwe
bruin soos koffie
skuimend soos bier
Maar jy is weg in ’n droogte
van toe af is reën net water verby
© Anton Döckel, 2024