Versindaba probeer om ‘n volledige databais van digtersprofiele van gepubliseerde digters by te hou. Ons kry egter gereeld versoeke van navorsers en skole om dié profiele by te werk aangesien baie daarvan verouderd is.
Dit is elke gepubliseerde digter se eie verantwoordelikheid om sy/haar digtersprofiel op datum te hou. Daarom versoek ons alle digters wat al ‘n bundel by ‘n hoofstroomuitgewer gepubliseer het, om bygewerkte profiele aan die Inhoudsbestuurder van Versindaba taljard.marlies@gmail.com te stuur in die volgende formaat:
- 2-3 sinne agtergrondgeskiedenis, bv. waar die digter gebore is en grootgeword het, skoolgegaan en studeer het en wat sy/haar beroep is.
- Publikasiegeskiedenis (indien verkies, kan aangedui word hoe bundels in die media ontvang is). Datum van uitgawe is belangrik.
- Pryse/toekenings ontvang. Die jaar waarin die prys/toekenning ontvang is, is belangrik.
Let wel: ‘n Digtersfrofiel is nie ‘n CV nie, en daarom is ons slegs in die kreatiewe werk van die digter geïnteresserd.
Profiele van lewende digters wat duidelik verouderd is, sal van die databasis verwyder word.