Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 January 20242 February 2024

Joan Hambidge. Kritiek en evaluasie

 

I

Elke digter word gelees, geëvalueer én gekritiseer. Trouens, die gedig self is alreeds ‘n implisiete vorm van literêre kritiek, soos Harold Bloom dit al beskryf het in The Anxiety of Influence (1973). Die sub-titel van hierdie boek lui immers: A Theory of Poetry.

Nou onlangs was daar ‘n polemiek oor wie mag resenseer. Natuurlik mag almal lees en evalueer en kritiseer. Maar die professionele arena vereis altyd kundigheid in die hoofstroom-media. ‘n Uitstorting van “ek hou daarvan”, is helaas nié so relevant as ‘n resensie geskryf deur ‘n opgeleide kritikus nie. En hierdie leser hoef nie ‘n akademikus te wees nie. Maar beslis ‘n kenner.

Gaan lees Willie Burger hieroor:

https://www.litnet.co.za/willie-burger-oor-boekresensies-beinvloeders-en-die-boekebedryf/ Besoek 24 Januarie 2024

Marlies Taljard skryf soos volg oor hierdie kwessie:

https://www.litnet.co.za/persverklaring-ope-gesprek-oor-boekresensies-desember-2023/ Besoek 24 Januarie 2024

Wanneer ons ‘n resensie van ‘n bekende (gerekende, erkende, en al die ander tersaaklike sinonieme) resensent lees, dan weet ‘n mens jy kan die opinie vertrou. Dis ingelig, gemotiveer, met ‘n wyer verwysingsveld. As jy oor die teater skryf en jy verwar name, kan jy nie ernstig opgeneem word nie.

As jy die woord kanon uitspreek asof dit ‘n ding is waarmee jy oorlog maak, moet jy besluit of jy in die regte vakgebied is.

Of as jy dink die digkuns is gelyk aan regstellende aksie, dink weer. Natuurlik spreek gedigte gender-, ras- en klaskwessies aan, maar dit moet steeds op ‘n taalvlak oortuig. Noem dit iets anders; want dit is nie (noodwendig) gedigte nie.

Vir elke reël is daar een wat gebreek kan word. Groot digters breek reëls. Maar om dit te doen, moet jy eers die konvensies ken.

Hierom lees ek grammatikaboeke (soos Whitmarsh se More Rapid French) of keer ek terug na Latyn-grammatikaboeke. Ek luister ook na Italiaanse en Spaanse oudios. Wyle Charl J.F. Cilliers, die digter, het sy biblioteek aan my bemaak. Hy was Spaans magtig en ‘n reeks Spaanse handleidings is kleinodes.

 

II

Louw se gedig is ‘n vorm van kritiek, opgedra aan Wytze, professor in die Stilistiek:

 

XXXVIII. Ars poetica

Vir Wytze

 

Uit die gevormde literatuur

is nooit weer poësie te maak nie,

uit die ongevormde wél:

(…)

‘n Goeie oorsig is hier te lese deur F.I. J. van Rensburg:

 

Die Stilistiek as “beweging” het ‘n opvallende kort bloei gehad – ‘n periode van omtrent vyftien jaar. Die rede daarvoor is dat sy revolusionêre verskyning getemper is deur die feit dat verskillende terug-na-die-teks-bewegings hulle teen die tyd van sy verskyning reeds taamlik sterk op literatuurkundige terrein gevestig het. Dit het na ‘n bekende vernuwing gelyk. Die gevolg was dat sommige van sy belangrikste uitgangspunte nie in hul volle implikasies gestel en uitgetoets is nie, ook nie op die breër terrein van die prosa en die drama nie. Dit het egter ongemerk deel geword van die standaardtoerusting van verskillende latere rigtings, veral dié met literêre analise as doelwit, veral in die vorm van ‘n bestendige bewustheid van die taalgeaardheid van die literêre werk.

https://www.litterm.co.za/index.php/s/237-stilistiek-op-taalkundige-grondslag  Besoek 23 Januarie 2024

 

Wat wél belangrik is van die Stilistiek is dat dit die leser laat stiplees. En die digter terugneem na ‘n woord se sinonieme én antonieme. Die digter moet ook bekend wees met al die teoretiese bewegings: modernisme, postmodernisme en metamodernisme. En skole soos Strukturalisme en Post-Strukturalisme.

Hoe verskil ‘n gedig in die sewentigerjare van die digkuns van ons tyd? Of ‘n gedig in die sestigerjare? Of in die twintigerjare?

Hoe lyk die taal van bruin digters teenoor wit digters?

Moenie te lank wag met ‘n bundel nie; die tyd gaan verby. Die spreekwoordelike “window period”.

Vind jou staning in die kanon wanneer jy alles oorweeg, opweeg en afweeg.

 

III

Hoe reageer die digter op kritiek?

Hoe verset die digter haar teen onregverdige / gemene / persoonlike kritiek?

Hoe moet die digter pryse en bekronings takseer?

Vertrou jou eie oordeel (en een of twee gerekende digters). Natuurlik is daar smake en modes, wat verbygaan. Toe Louise Glück die Nobelprys bó Robert Pinsky gewen het, was daar ‘n frons op my voorkop. Totdat jy besef daar was ander kwessies agter die skerms. En “lobbies”.

Seamus Heaney het eenkeer in ‘n onderhoud bely hoe die ontvangs van die Nobelprys hom in ‘n diepe depressie gedompel het.

Dit het hom self-bewus as skrywer gemaak.

Natuurlik kan elke digter ‘n gemene resensie onthou. Dis in jou hart ingekerf. My gunsteling-een bly ‘n resensie wat begin met “Hel, Joan.” En dan persoonlik-venynig raak en my as mens aftakel (en sommer Johann de Lange ook bydam). En my kreatiwiteit verdag maak. Doer in die tagtigerjare. Eina!

Geskryf deur ‘n boelie-man wat sélf nie veel vermag het as digter nie.

Of ‘n mede-digter wat ‘n gedig skryf waarin die lof van ‘n ander digter verminder word. Want uiteindelik sal die lof net leë woorde wees soos ou blomme op ‘n grafsteen.

Wees egter dankbaar vir ‘n skerp resensie. Dis beter as ‘n dawerende stilte.

Dis veel, veel meer van waarde as ‘n soetlike applous-komitee.

Die kwaaiste resensie nog in die Afrikaanse letterkunde van Brink wat in Rapport opgemerk het: ”Hierdie digbundel kan nie geresenseer word nie, want daar is te min blyke van poësie in die bundel.”

Of ‘n resensent wat ‘n digter gekwets het en skryf: hierdie verse moet jy onder jou vriendin se onderklere plaas. Gemeen, veral as jy weet dat die digter se meisie nou die resensent se huidige girlfriend is?

Wanneer jy ‘n prys wen, wees bly. As dit nie gebeur nie, beweeg aan. ‘n Prys = ‘n komitee.

Gaan lees weer D.J. Opperman se Komas uit ‘n bamboesstok en kyk hoe hy met sy opponente speels en slim afreken.

 

IV

‘n Digbundel gebeur binne ‘n bepaalde konteks of tydsgewrig. Modes en smake verander.

Groot gedigte bly aanhou lewe. En keer weer terug.

Kyk hoe het Olga Kirsch weer teruggekeer in ons digkuns met vele digters wat haar lof besing.

Só som ‘n digter die kritiese problematiek op:

 

Ars Poetica

Archibald MacLeish

 

A poem should be palpable and mute

As a globed fruit,

 

Dumb

As old medallions to the thumb,

 

Silent as the sleeve-worn stone

Of casement ledges where the moss has grown—

 

A poem should be wordless

As the flight of birds.

 

*

 

A poem should be motionless in time

As the moon climbs,

 

Leaving, as the moon releases

Twig by twig the night-entangled trees,

 

Leaving, as the moon behind the winter leaves,

Memory by memory the mind—

 

A poem should be motionless in time

As the moon climbs.

 

*

 

A poem should be equal to:

Not true.

 

For all the history of grief

An empty doorway and a maple leaf.

 

For love

The leaning grasses and two lights above the sea—

 

A poem should not mean

But be.

 

Archibald MacLeish, “Ars Poetica” from Collected Poems 1917-1982. Copyright © 1985 by The Estate of Archibald MacLeish. Reprinted with the permission of Houghton Mifflin Company. All rights reserved.

Source: Collected Poems 1917-1952 (Houghton Mifflin Harcourt, 1952)

https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/17168/ars-poetica Besoek 25 Januarie 2024

 

 

Bronne:

Bloom, Harold. 1973. The Anxiety of Influence. New Haven: Yale University Press.

Hellinga, W.G. & Scholtz, H. van der Merwe. 1955. Kreatiewe analise van taalgebruik: prinsipes van Stilistiek op linguistiese grondslag. Amsterdam: Noord-Hollandsche Uitgevers Maatschappij.

Whitmarsh, W.F. H. 1962. More Rapid French. Londen: Longmans.

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Die topoi en tonsuur in die digkuns
Joan Hambidge. Die portretvers →

4e gedagtes oor “Joan Hambidge. Kritiek en evaluasie”

  1. Joan Hambidge says:
    31 January 2024 at 17:31

    Die groot triek is om aan te hou skryf. En om te skryf, beteken dat ‘n mens moet aanhou lees. Nie net in jou eie taal nie, maar ook in ander tale.

    Probeer tendense verstaan. Verlede Saterdag het Yves T’Sjoen en Louise Viljoen besonder onderhoudend gepraat oor die kwessie van die verbintenis tussen Afrikaans en Vlaandere. Die kwessie van hoe lees ons Ingrid Jonker nou? Waarin stel jong studente belang. Hoe moet en kan verskillende taaldepartemente uitreik en saamwerk. Dit was by die HderN in Pinelands.

    Ek dink Ingrid Jonker is ‘n besondere belangrike “toetsgeval”. Verskillende Jonkers: Louise Viljoen konsentreer op haar werk as digter wat haar vak geken het. Nie net celebrity of minnares of suicidaire nie.

    Hieroor skryf ek volgende week.

    Reply
    1. Yves T'Sjoen says:
      31 January 2024 at 21:40

      Daar kijk ik naar uit, Joan. Nog een keer dank voor de interessante kwesties die je na afloop van de gedachtewisseling, tijdens de vragenronde van de pilootaflevering van “Bruggenhoofden” bij SASNEV, hebt aangesneden. Wat ik hiervan ook nog onthoud: naast de “male gaze” en de “white gaze” is er dus ook zoiets als een “celebrity gaze”: oogverblinding in het literaire waardeoordeel door de sterkte van een lens die uitsluitend op naamsbekendheid is gericht en niet (zozeer) op literaire teksteigenschappen (de zogenaamde “literariteit” van de tekst) en/of esthetische waardeoordelen. Ik kijk met jou uit naar een studie die dergelijke “blindness” in literatuurkritiek als veel voorkomend fenomeen bekijkt (pun intended). En bij uitbreiding: over de ruis en ander gezoem in de openbare ruimte van de literatuurkritiek.

      Reply
  2. Anne-Marie Bartie says:
    31 January 2024 at 10:53

    Baie dankie !! Dit het soveel duidelikheid in my eie kop, vir my gebring. Veral die selfbewustheid wat ek ervaar … die amperse depressie. Asook die verskiklike druk waaronder ek myself plaas om BETER te skryf as ‘n toekenning (waarvoor en innig dankbaar is). Wat ‘n voorreg om dit te kon lees.

    Reply
  3. Alwyn Roux says:
    29 January 2024 at 22:19

    Dankie vir hierdie baie waardevolle stuk. Dit is hierdie soort dinge wat ‘n debuterende digter nie vooraf weet nie, maar slegs met ervaring leer. Ek druk dit uit vir myself en deel dit elektronies met my studente.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d