Wending
sy bly weer binne
in dae sonder warm son
toe sy bokspringend kon
klim oor klinkers op berge teen kimme
de vries sê die winter bring mens tot sinne
met sneeustorms om
gletsers wat huiwerend aankom
te jaag bo-oor bestaande dinge
sal later in velde nou witter
vermiljoen rooi tulpe blom
naby poele wat skitter
dennenaalde hul groen glinster
garing ryg deur some om
verse van die digter
© Margaret Cordier
Pragtige beelde ook in “jare lê skulpe”