31 January 2024 Anton Dockel. Woordsaad Woordsaad Ek het die boek oop op die stoep gelos en die wind kom lees die blaaie firrr-firrr hy blaas kopieë weg lig soos woordsade opwaai oor dakke Wens ek was die skrywer en dit was my woorde wat neersif daar waar die wind gaan lê © A Döckel 2024 Deel: Share on Facebook (Opens in new window) Facebook Share on X (Opens in new window) X Like this:Like Loading…