Ou Salomo Voëltjie van Staden
Vra Antoinette Pienaar na raden
Hy vra watter saad
Sy diertjie sal baat
Ter plesier van sy eenduisend gaden
*
‘n Sekere Anneries Burger
Bly altyd ver weg van chirurge
Dit is nie die mes nie –
Die ding wat hom pes nie –
Maar sexy blou hospitaaljurge
*
Bejaarde oom Toolsie de Villiers
Sê: “Hokaai, my liefie, ek williers
“Gereed maak vir jou
“Jy moet tog onthou
“Die daadjie benodig ‘n pilliers”
*
Die boerseun Gerhardus de Waal
Bestel toe vir hom ‘n garnaal
Hy wens hy’t geweet
Hoe mens dit moet eet
Want nou’s sy dilemma anaal
*
Die paartieman, Piet van Okiep
Het altyd ná Oujaarsaand griep
En Kersfees en Paasfees
En jy sal verbaas wees
Dis nié ‘n geval van moet tiep
©Marieta McGrath, 2024