Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 February 202413 February 2024

Meyer van Rensburg. Gebroke-hart-sindroom (M)

 

Gebroke-hart-sindroom

(met hulp van TS Eliot)

 

My denke boer navrant in oopgekloofde

gisters belaai  met fel Desember-pyn

die doodsverlies-belewenis ewig stollend

vasgep(l)ak en koppig in my brein

 

so, Thomas, ek wou by jou raad kom vra

oor die denkbeelde wat my so knaend pla

maar nou sien ek jy’s ook maar een

wat skepties aanmekaar só sug deur murg en been:

 

die barre geel wind uit ’n okerrooi woestyn

het kom rugskuur teen my deurkosyn

sy snoet besnuffel al my vensterruite

en sy tong belek sluitstene buite

hy neurie-snik al suisend en besing

die waterpoele om die drein dan spring

hy slinks oor kru terrasse soos ’n aap

huil droewig om die hoeke van my huis

en, met skoorsteenroet as keilpluis,

sanik hy sy patos uit en hou my uit die slaap

 

in die loodgrou stad staan skimmelwinde op

lamenteer om kolonnades, rommelhoop apartemente

sluip oor vuil plaveisels en kom klop

aan my voordeur vir die doodsnood-rente

toe ek sy krabbelgang dáár hoor het ek geweet

dat hy soos kanker aan my fondament sal vreet.

 

Maar mý gewete wil gevleuelde

ontsnappingstogte neem

om hulp te soek weg

van misère betreurings en geteem:

sal serafyne my dalk help?

Werk hulle kranig met my mee

om in geloof die infernale angs

’n crux-de-grace-hou te kan gee?

Of sou ons dan die ganse heelal gaan verstoor?

 

Ek veronderstel en neem besluite,

resolusies, maar steeds bly stoor

herroepte visioene en hersienings

my en ek vra weer oor en oor:

 

moet ek dan (volgens jou)

die opgerookte stompies van my dae

-emmersvol somber seer refleksies-

in vol-gevulde koffielepels meet?

Sou geen verbi divini minister

dan beter raad kon weet

of sal ek nou vir ewig

in verlatenheid veronderstel

dat ek moet deurdruk

deur die hartpynhel?

 

Dink jy, Thomas,  dit help as mens kan glo

in ’n tableux vivant van Michelangelo?

 

© Meyer van Rensburg, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Flessies hoop (M)
Meyer van Rensburg. Spreekkamer (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d