Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 March 20241 April 2024

Mellet Moll. Nawalni (1976 – 2024)

 

Nawalni (1976 – 2024)

 

I.

 

Die Moederland sal eindelik eendag vry wees

en Moskou sal sy plek as wêreldstad inneem.

 

Die gees van Poesjkin, Tolstoi en Majakofski

sal oor die water van die Moskwa sweef en in

die bome van die Khimki-woude resoneer as

die Alexandrof Ensemble ’n loflied aan haar,

die Moederland, se uitgestrekte Steppe bring.

 

En in Sint Petersburg sal Sjostakowitsj speel:

’n wals aan almal wat die vryheidsideaal van

hierdie somber land nog ken, die droom wat

steeds ontwyk, in die e-demokrasie wat kom.

 

II.

(Geparafraseer uit Anna Akhmatowa se Requiem)

 

Die uur van die dooies het weer aangebreek.

Ek sien elkeen, hoor elkeen, en voel elkeen –

die een wat die sleur van ’n oop venster ken;

die een wat nie die bekende grond betree nie;

die een wat die tuiskoms kopskuddend soek.

 

Ek het ’n kleed uit my woorde vir jou geweef.

Ek sal jou nooit vergeet nie, waar ek ookal is.

En al klamp hulle my gewonde mond dig toe

waardeur ‘n honderdmiljoen mense gesmeek

het, wil ek só onthou word wanneer ek sterf.

 

As iemand eendag ’n gedenkteken vir my bou

bou dit nie hier by die see waar julle nou is nie.

Bou dit waar ek vir driehonderd uur gestaan

het en niemand die deur oopgemaak het nie.

Vergeet hoe haatlik hulle dit toegeslaan het –

hoe hierdie mens soos ’n gewonde dier gehuil

het, en hoe die ys soos trane uit my ooglede

se onwrikbare brons sou vloei.

 

En laat die tronkduif in die verte koer as die

skepe ongestoord in hierdie rivier wegvaar.

 

III.

 

’n Lig sal skyn uit Pokrof Strafkolonie No. 2

en Yulia, Dasha en Zakhar sal hom weer sien.

 

 

© Mellet Moll, Junie 2022

 

 

 

The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Wannéér ons dwerge word

1e kommentaar op “Mellet Moll. Nawalni (1976 – 2024)”

  1. Hennie Norté says:
    4 March 2024 at 11:05

    Tydig en roerend.
    Welgedaan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  2. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  3. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  4. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  5. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d