muggie (in weerklank van ma se gedigte)
klein muggie
jy sit so vas in die taai
vars verf skreeu-turkoois
see uitgestrek om jou
ʼn wrede roerlose oseaan
ʼn nat plat vlakte eindelose klein
muggie jy moes nie daar
af gevlieg het nie die mens
moes nie daar geverf het nie
jy sit so vas
© Etienne Terblanche, 2024
Treffend.