Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 20244 March 2024

Digtersprofiel: Lina Spies

Lina Spies is op 6 Maart 1939 op Harrismith in die Noordoos-Vrystaat gebore waar sy die middelbare skoolloopbaan deurloop.In 1958 begin sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy in 1963 haar meestersgraad behaal met ‘n skripsie oor Elisabeth Eybers. Vanaf 1968 tot 1970 studeer sy aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) in die Nederlandse Taal en Letterkunde.  Sy verwerf aan die einde van hierdie studies die titel van “doctorandus” deur die finale mondelinge eksamen te slaag en met ‘n skripsie oor die beroemde Nederlandse digter Martinus Nijhoff se sonnettesiklus Voor dag en dauw waarvoor sy groot waardering van verskeie Neerlandici ontvang. Sy publiseer ook naas artikels oor die Afrikaande letterkunde gereeld artikels oor die Nederlandse poësie .In Maart 1982 promoveer sy aan die Universiteit van Pretoria op ‘n proefskrif oor D.J. Opperman. Lina Spies het gedoseer aan die Universiteit van Port Elizabeth, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria.  Vanaf 1987 tot 1999 was sy professor aan die Universiteit van Stellenbosch in die Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde.

Uit haar pen het agt digbundels verskyn: Digby Vergenoeg (1971); Winterhawe (1973); Dagreis (1976); Oorstaanson (1982); Van sjofar tot sjalom (1987); Hiermaals (1992); Die skaduwee van die son (1998) en Duskant die einders (2004).  Vir Digby Vergenoeg het sy die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Ingrid Jonker prys gekry. Die skyn van tuiskoms – ‘n Keur verskyn  in 2010 by Human & Rousseau. In 2010 verskyn Tydelose gety by Protea Boekhuis.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Loit Sôls
Digtersprofiel: Carina Stander →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d