Lina Spies is op 6 Maart 1939 op Harrismith in die Noordoos-Vrystaat gebore waar sy die middelbare skoolloopbaan deurloop.In 1958 begin sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy in 1963 haar meestersgraad behaal met ‘n skripsie oor Elisabeth Eybers. Vanaf 1968 tot 1970 studeer sy aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) in die Nederlandse Taal en Letterkunde. Sy verwerf aan die einde van hierdie studies die titel van “doctorandus” deur die finale mondelinge eksamen te slaag en met ‘n skripsie oor die beroemde Nederlandse digter Martinus Nijhoff se sonnettesiklus Voor dag en dauw waarvoor sy groot waardering van verskeie Neerlandici ontvang. Sy publiseer ook naas artikels oor die Afrikaande letterkunde gereeld artikels oor die Nederlandse poësie .In Maart 1982 promoveer sy aan die Universiteit van Pretoria op ‘n proefskrif oor D.J. Opperman. Lina Spies het gedoseer aan die Universiteit van Port Elizabeth, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria. Vanaf 1987 tot 1999 was sy professor aan die Universiteit van Stellenbosch in die Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde.
Uit haar pen het agt digbundels verskyn: Digby Vergenoeg (1971); Winterhawe (1973); Dagreis (1976); Oorstaanson (1982); Van sjofar tot sjalom (1987); Hiermaals (1992); Die skaduwee van die son (1998) en Duskant die einders (2004). Vir Digby Vergenoeg het sy die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Ingrid Jonker prys gekry. Die skyn van tuiskoms – ‘n Keur verskyn in 2010 by Human & Rousseau. In 2010 verskyn Tydelose gety by Protea Boekhuis.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]