Trinity College Cambridge
die ontrimpeling van Lord Balfour
Tik Tok Anna Magnani
in die luim vir moetiemoord
eers die doodspuit
dan met die litjieslemmetjie
van ‘n kunsvlytmes
Lord Arthur met lyn bestryk
gekeiser tot op die muur
rol en teks
nimfoleptiese gryp
na die Ander
op ‘n selfoonskerm
klein fieta
voor die kortom van kuns:
Malevich se wit op wit
© Jacobus Swart 2024
Jacobus, jou gedig is met sorg geskryf, is aktueel en van toepassing.
Die groteske daad uitgevoer deur n obsessiewe sosiale media vraat,wie n plek soek vir haar voet in die ‘groot prentjie’ van die huidige chaotiese wêreldgebeure.
Jou gedig ontken die politieke stelling wat sy wou maak en het ironies geen een se omstandighede hierdeur verbeter nie.
Jacobus, jou gedig is met sorg geskryf, is aktueel en van toepassing.
Die groteske daad uitgevoer deur n obsessiewe sosiale media vraat,wie n sagte plek soek vir haar voet in die ‘groot prentjie’ van die huidige chaotiese wêreldgebeure.
Jou gedig ontken die politieke stelling wat sy wou maak en het ironies geen een se omstandighede hierdeur verbeter nie.
Verstaan niks.