Pase 2024
Bome knak en breek
voor my vesting (laat alles
val wat pronk en sieraad
was?) Die vyebome verdor.
Wie sal nou die rowerspelonke
suiwer? Sodat die tempels, katedrale
en kerke weer ‘n plek vir gebed
in geloof tot U mag word?
Daardie Pase by hulle, met my vader
wat praat met sy HereGod, toe daar
antwoorde was, lees hy voor uit Mattheus:
ja, toe het die vyeboom nog vrugte gedra.
© Joan Hambidge