Ne regrette rien
ek het geen spyt of verwyt oor een enkele besluit
elkeen is geneem in sy eie ruimte en op sy eie tyd
‘n vriend het op ‘n keer gesê ons heel eerste asem
is die begin van ons heel laaste met ‘n reis tussenin
hierdie kliniese kamer is my reis se eindterminaal
waar ek wag sonder wens of dwingende versugting
om my medereisgenote onbepaald mee op te saal
nee ek het geen spyt of verwyt oor een enkele ding
© Hannes Visser, 2024
The AVBOB Poetry Competition reopens its doors on 1 August 2024. Please visit www.avbobpoetry.co.za to familiarise yourself with the competition rules and to read some winning poems from previous years.