nineve
is daar nog so ‘n stad soos nineve
so waterryk by die oewers van die tigrisrivier
maar sonder vreugde is haar verlede
‘n stad van hoogmoed sonder ‘n muur
word daar nog soos die goue ou dae
‘n hangende tuin vol struike gevind
maar sonder wapperende vlae
‘n stad in wyn en pyn gemunt
is daar nog so ‘n profusie mark
so sonder gebrek aan tafels
met ‘n oordaad soos in die ark
‘n stad van prag en praal sonder rafels
is daar nog so ‘n stad soos nineve
‘n stad verlate onder die puin van die woestyn
© Hennie Maartens, 2024
Remember, the annual AVBOB Poetry Competition opens for submissions on 1 August 2024, with fabulous cash prizes available to the winners. Visit www.avbobpoetry.co.za to familiarise yourself with the competition rules and start preparing your best words.