Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 2024

Rina Bester. kwaksalwery (M)

 

kwaksalwery

na  – Hieronymus Bosch se

“Extraction of the stone of madness” (1502-1505)

 

jan en alleman nie soos lubbert das vasgegord op ʼn stoel

skuil gesigloos agter sleutelbord en skerm

kap selfvoldaan met vingers send send send

om hul alwentende X’e twitterend stronterig op die

internet te blerts

is dit erger as ou das se kwak wat hom so tuit op die kop verlos

van die gepik in sy bol das wat die oopkloof van skedel en vel se

pyn verdra min wetend dat hy blom in die hand sonder sy lus of lag

sal huis toe gaan so tevrede so steeds die kluts kwyt

gaan die klots weg met sy bittermakrolle tot groot vermaak

van flippie van boergondië wat hierdie vy verkopery deur

prentmaker bosch laat vaslê die grap op ʼn doek hoe niemand nader

staan om te help die kye uyt te snyt

agter skerms en sleutelbord het niks verander sedert vyftienhonderd-en-iets

boor die tuitdraers nou op google rond

ook mooi bewaak deur kantlynkore met woordamulet en kerkgewade

kwak die hele spul nou wyer voort in twintigvierentwintig oor depressie tot vetrolle

of die kleur van dit in ʼn kind se doek

word die tuitdraers aangepor like like like share share share tot die hele wêred

al twitterend beter weet

 

© Rina Bester, 2024

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Rina Bester. neonatoloog (M)
Rina Bester. kleptomanie (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II
  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d