Gesteelde hart
Onsigbaar
Onwillekeurig
klop jy binne my
ritmies
in perfekte orde
pomp jy suurstof
deur my are
is jy die rede
dat ek lewe
as jy gekwes word
bloei ek
as jy gebreek word
gaan ek stadig dood
maar as ons geskei word
in lewe en in dood
gaan ons altwee
tweekeer
dood
© Elisma van Zyl 2024