Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 20244 June 2024

Digtersprofiel: Carina van der Walt

Carina van der Walt is op 28 April 1960 in Welkom gebore. Sy voltooi haar voorgraadse en nagraadse studies in Afrikaanse Letterkunde in twee periodes aan die NWU. Daartussen staan sy vyftien jaar voor die klas by Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp en begelei verskeie groepe matrikulante in Afrikaans (eerste taal) en ’n eerste groepie matrieks in Setswana (derde taal). Ná haar eerste man skielik oorlede is, was sy bykans ’n dekade lank enkelouer vir haar twee jong kinders. In hierdie periode pak sy haar nagraadse studie aan en gaan sy danksy finansiële ondersteuning van die NTU en die SAVN met ’n uitwisselingsprogram na die Universiteit van Tilburg. Sy voltooi haar MA cum laude onder prof. Heilna du Plooy.

In Tilburg ontmoet sy vlugtig ’n besondere man, en ná ’n vriendskap van vier jaar vestig sy haar in Tilburg. Sy begin vir LitNet skryf, blog vir Versindaba en dra wetenskaplike nuusbrokkies aan vir die nuusbrief van die SAAWK. Elk van hierdie verbintenisse duur ruim tien jaar. Tussendeur skryf sy vir die Nederlandse tydskrif BEELDEN oor ruimtelik georiënteerde kuns en kom in aanraking van Strijdom van der Merwe se landkuns.

In 2015 debuteer Van der Walt in Nederland met Amalgaam – ’n tweetalige digbundel saam met Willy Martin, verantwoordelik vir ANNA – by Uitgeverij IJzer. In 2020 volg Stilspraak – ’n monografie oor Strijdom van der Merwe se kwarteeu van landkuns – by African Sun Media. Sonder prof. Jacques van der Elst het hierdie projek nie gerealiseer nie. Stilspraak is gefinansier deur die SAWWK, die LW Hiemstra Trust en die FNSA. Hierdie kunsboek word as een van drie kandidate aangewys in die afdeling niefiksie vir die kykNET Rapport Boekprys 2021. In dieselfde jaar debuteer Van der Walt in Suid-Afrika met die digbundel Landluisteraar by Naledi. Landluisteraar bevat ekfrasis en is ‘n literêre voortsetting van Stilspraak.

Tans werk sy as poësieredakteur, kuns- en filmresensent vir die webwerf Brabant Cultureel / Brabant Literair. Meer oor haar kreatiewe werk kan gelees word by www.carinavanderwalt.com.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel: Jacobus W. van der Riet
Digtersprofiel: Johann van der Walt →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d