winter
die winter word versadig in bloekomboomblare
in grasvelde wat verkleur en die lug is bleek en blou
sonder om aan die wolke vas te klou selfs in die winter word die vrug ryp
aan suurlemoenbome en die bloeisels wat blom sonder om te skroom
heer laat u heilige gees se vrug in my kom
en laat u gees my araba met ‘n eden verstom
heer laat u heilige gees my beloon
en mag u makarios my in werk en verhoudings bekroon
© Hennie Maartens, 2024