Het gehuis
This endlessly elaborating poem
displays the theory of poetry,
as the life of poetry.
Wallace Stevens
Gestel al die huise bewoon
is voorstellings van die self,
vra Wallace Stevens tereg.
Dan keer ons terug na die eerste
een, langs ‘n ou begraafplaas,
met grafstene van onbekendes.
Later ‘n tuiste neffens ‘n steenkoolmyn,
kragdrade met lug besoedel: myn
of dyn, ‘n klein klipsteenhuis gehuur.
Hierna ‘n vesting met malvas in ‘n tuin
met rotse wat my moeder nougeset bou,
wyl ek die natuur ongerep en wild verken.
Daar was ten slotte twee wonings later
op die Hoëveld: een kompak oorkant
‘n skool; die tweede met populiere gemerk.
Alles staan reeds opgeteken hier
in die vele huise-van-my-aardse-vader:
nou ‘n verblyf in ‘n argief-sonder-tuin.
© Joan Hambidge, 2024