Tom Dreyer en Jaques van de Ven deel hulle bundels by die muurgedig “Opdracht”
Agtergrond
Op17 en 18 Maart vanjaar het die twee Afrikaanse digters Tom Dreyer en Alwyn Roux Tilburg besoek. Die aanleiding vir hulle besoek was hulle debuut digbundels “Nou in infrarooi” en “Weerskyn”. In die lig van hierdie blitsbesoek het ek ’n stadswandeling langs muurgedigte en ’n werkswinkel in die LocHal – Tilburg se inspirerende stadsbiblioteek – vir hulle gereël. Ontmoetings met plaaslike digters het by die muurgedigte en in die LocHal plaasgevind. Die vertalings van Dreyer is in die gees van hierdie inspirerende ontmoetings gedoen. Dit is ongelukkig nog te vroeg om van ’n debuterende digter ’n vertaalpraktyk te verwag. Hy doop nog sy vingerpunte in ‘n ander vaag bekende sustertaal verwonderd oor die skoonheid daarvan.
(Carina van der Walt)
***
Jasper Mikkers debuteer in 1974 by uitgewery De Bezige Bij onder die pseudoniem Tymen Trolski met sowel die digbundel “Indiase Liederen” as die roman “Hyacintha en Pasceline”. Daarna volg veertien jaar lank ’n droë periode. In 1990 kom sy digtersloopbaan weer aan die gang by uitgewery Querido met “Wie is uiteindelijk”, maar die keer onder sy eie naam. Mikkers word benoem tot die sesde stadsdigter van Tilburg vir die periode 2013-2015 en sluit sy stadsdigterskap af met die digbundel “Gespiegelde stad”. Hy behou sy vermoë om sowel goeie poësie as boeiende romans te skryf. Op die oomblik werk Mikkers aan ’n romanreeks oor die geskiedenis van die Universiteit van Tilburg en ’n gedigtereeks met die naam Liefde- en ruimteleer. Uit hierdie reeks is drie gedigte tans in die literêre tydskrif Hollands Maandblad gepubliseer. Dreyer het die gedig “(eeuwigheid)” vertaal.
ek het oral gesoek, alles gedoen
om haar teë te kom, ek het bereken
dat sy te groot vir my sou wees
of te gewoon om op te tel
ek het haar nie gevind nie
nie waar ek gedink het sy was nie
tot sy gesê het –
op een volstrek onskuldige oomblik
te laat en in ‘n vrywel vergane staat
het sy vir haarself gesê, aan my vasklewend –
gesê sonder dat ek dit gehoor het
dit is nou ek
jy weet niks van my nie
ek is van nou af by jou
jy sal my nie sien of hoor nie
jy sal moet lewe asof ek nie daar is nie
(ewigheid)
••••
ik heb overal gezocht, alles gedaan
om haar tegen te komen, was erop berekend
dat ze te groot voor mij zou zijn
of te gewoon op op te rapen
ik heb haar niet gevonden
niet waar ik dacht dat ze was
totdat ze zei –
op een volstrekt onschuldige ogemblik
te laat en in vrywel vergane staat
heeft ze zich meegedeeld, zich aan me vastgekleefd –
ze zei zonder dat ik het hoorde
dit ben ik nou
je weet niks van me
ik ben bij je vanaf nu
maar je zult me niet zien of horen
je zult moeten leven alsof ik er niet ben
(eeuwigheid)
__________
Jacques van de Ven was van 2003 tot 2005 die eerste stadsdigter van Tilburg en word daarmee nestor van die plaaslike digtersgemeenskap. Hieruit publiseer hy die bundel “Tilburger uit enthousiasme”. Al tydens sy tyd as regstudent aan die Universiteit van Tilburg ontwikkel Van de Ven ’n sterk belangstelling in joernalistiek. In 1977 begin hy deeltyds as regbankverslaggewer en stap later as joernalis en kunsresensent oor na die provinsiale koerant Brabants Dagblad. Sy skryftalent sluit poësie, reisverslae, dramas en libretto’s in. Ons paaie kruis met sy pragtig geïllustreerde bibliofiele digbundel “De weg ernaartoe” – ’n verslag oor sy fietstog na Griekeland. Dreyer besit nou één eksemplaar. Dit is ’n baie beperkte en dus kosbare oplaag. Van de Ven en Dreyer deel nie net dieselfde tipe reislustigheid nie, maar ook ’n optimistiese maar gekompliseerde entoesiasme en ’n flambojante lewenstyl. Dreyer het die muurgedig “Opdrag” van Van de Ven vertaal.
Opdrag
As hierdie tyd my eens ’n sirkel trek
En die lewe raak onomlyn
Ag, kan jy my maar nektar verstrek
En ewig ‘n brok ambrosyn
En mag almal hul dan aan my vertoon
Wat gesterf het aan liefdesverdriet
Ek wil hulle so graag met my nektar beloon
My hoop van so sterf was verniet
••••
Opdracht
Als eens deze tijd mij een cirkel zal trekken
En leven limietloos zal zijn
Ach, wil mij dan enkel nog nektar verstrekken
En eeuwig een brok ambrozijn
En mogen dan allen zich voor mij vertonen
Die stierven van liefdesverdriet
Ik wil hen zo graag met mijn nektar belonen
Zo sterven, dat lukte mij niet
__________
Nick J. Swarth het in 2005 Jacques van de Ven as tweede stadsdichter van Tilburg (oftewel X-burg, so hy die stad noem) opgevolg. Hy was sekerlik die mees maatskaplik betrokke en internasionaal georiënteerde stadsdigter wat Tilburg kon aanwys. Aan die einde van sy tydperk as stadsdigter in 2007 publiseer Swarth sy digbundel “Naked City Poems”. Dit is ook in Engeland bekendgestel. Daarna volg nog twee digbundels in 2009 en 2012 – “Mondo manga” en “Mijn onsterfelijke lever” – albei by Uitgewery IJzer. Swarth tree dikwels met sy rockkant in Duitsland op onder de naam “Betonfraktion”. Oor sy digterskap sê Swarth: “Het dichterschap doet recht aan de absurditeit van het bestaan, omdat het even zinloos is als dat bestaan zelf.” Die deurlopende poësieprojek wat Swarth sedert 2008 in die kollig plaas is sy plekgedigte, tans bekend as “On-Site Poetry”. Dreyer het “mossiemaniere” vertaal, één van sy muurgedigte. Die gedig hou milde kritiek in oor die kwesbaarheid van wat ons vandag beskawing noem.
mossiemaniere
Het u al ooit gevoel dat waar
mense beskawing in dominostene spel
vooruitgang ‘n fladderende mossie is
Ek ook nie. Maar stel u voor
duisende stene in ‘n bouvallige saal
en dan die mossie, ‘n veer in vrye val
of ‘n blerts uit sy boude (bepaald geen
presisiebombardement)
Beskawing is ‘n mooi woord, meestal
sonder stert.
Dan die boudjies. Mossieboudjies, meedoënlose alie
Eiers soos klippies sonder punte
broeis geknoei
Maar mossie of metafoor, as u beskawing
gaan*, ag, moenie die kleintjie blameer nie
*Vertalersnota: Ek weet wat teloorgaan beteken – tot niet gaan. Maar aangesien ek dikwels ook oor karre en ritte deur die woestyn skryf, weet ek dat as ’n kar se ratkas “gaan”, jy maar ’n nuwe kar kan gaan koop.
***
mussenmanieren
Hebt u wel eens het gevoel dat waar
men beschaving in dominostenen spelt
vooruitgang een fladderende mus is
Ik evenmin. Maar stel u voor
duizenden stenen in een bouwvallige hal
en dan de mus, een veer in vrije val
of een kledder uit zijn bips (bepaald geen
precisiebombardement)
Beschaving is een mooi woord, gewoonlijk
zonder staart
Dan bips. Mussenbips, meedogenloze krent
Eitjes als keitjes zonder punt
broeds gestunt
Maar mus of metafoor, gaat uw beschaving
teloor, ach, reken het de kleine niet aan