Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 July 202412 July 2024

Tom Dreyer vertaal drie Nederlandse gedigte

 

Tom Dreyer en Jaques van de Ven deel hulle bundels by die muurgedig “Opdracht”

 

Agtergrond

 Op17 en 18 Maart vanjaar het die twee Afrikaanse digters Tom Dreyer en Alwyn Roux Tilburg besoek. Die aanleiding vir hulle besoek was hulle debuut digbundels “Nou in infrarooi” en “Weerskyn”. In die lig van hierdie blitsbesoek het ek ’n stadswandeling langs muurgedigte en ’n werkswinkel in die LocHal – Tilburg se inspirerende stadsbiblioteek – vir hulle gereël. Ontmoetings met plaaslike digters het by die muurgedigte en in die LocHal plaasgevind. Die vertalings van Dreyer is in die gees van hierdie inspirerende ontmoetings gedoen. Dit is ongelukkig nog te vroeg om van ’n debuterende digter ’n vertaalpraktyk te verwag. Hy doop nog sy vingerpunte in ‘n ander vaag bekende sustertaal verwonderd oor die skoonheid daarvan.

(Carina van der Walt)

***

Jasper Mikkers debuteer in 1974 by uitgewery De Bezige Bij onder die pseudoniem Tymen Trolski met sowel die digbundel “Indiase Liederen” as die roman “Hyacintha en Pasceline”. Daarna volg veertien jaar lank ’n droë periode. In 1990 kom sy digtersloopbaan weer aan die gang by uitgewery Querido met “Wie is uiteindelijk”, maar die keer onder sy eie naam. Mikkers word benoem tot die sesde stadsdigter van Tilburg vir die periode 2013-2015 en sluit sy stadsdigterskap af met die digbundel “Gespiegelde stad”. Hy behou sy vermoë om sowel goeie poësie as boeiende romans te skryf. Op die oomblik werk Mikkers aan ’n romanreeks oor die geskiedenis van die Universiteit van Tilburg en ’n gedigtereeks met die naam Liefde- en ruimteleer. Uit hierdie reeks is drie gedigte tans in die literêre tydskrif Hollands Maandblad gepubliseer. Dreyer het die gedig “(eeuwigheid)” vertaal.

 

 

ek het oral gesoek, alles gedoen

om haar teë te kom, ek het bereken

dat sy te groot vir my sou wees

of te gewoon om op te tel

 

ek het haar nie gevind nie

nie waar ek gedink het sy was nie

 

tot sy gesê het –

op een volstrek onskuldige oomblik

te laat en in ‘n vrywel vergane staat

het sy vir haarself gesê, aan my vasklewend –

gesê sonder dat ek dit gehoor het

dit is nou ek

jy weet niks van my nie

ek is van nou af by jou

jy sal my nie sien of hoor nie

jy sal moet lewe asof ek nie daar is nie

 

(ewigheid)

 

••••

 

ik heb overal gezocht, alles gedaan

om haar tegen te komen, was erop berekend

dat ze te groot voor mij zou zijn

of te gewoon op op te rapen

 

ik heb haar niet gevonden

niet waar ik dacht dat ze was

 

totdat ze zei –

op een volstrekt onschuldige ogemblik

te laat en in vrywel vergane staat

heeft ze zich meegedeeld, zich aan me vastgekleefd –

ze zei zonder dat ik het hoorde

dit ben ik nou

je weet niks van me

ik ben bij je vanaf nu

maar je zult me niet zien of horen

je zult moeten leven alsof ik er niet ben

 

(eeuwigheid)

 

__________

 

Jacques van de Ven was van 2003 tot 2005 die eerste stadsdigter van Tilburg en word daarmee nestor van die plaaslike digtersgemeenskap. Hieruit publiseer hy die bundel “Tilburger uit enthousiasme”. Al tydens sy tyd as regstudent aan die Universiteit van Tilburg ontwikkel Van de Ven ’n sterk belangstelling in joernalistiek. In 1977 begin hy deeltyds as regbankverslaggewer en stap later as joernalis en kunsresensent oor na die provinsiale koerant Brabants Dagblad. Sy skryftalent sluit poësie, reisverslae, dramas en libretto’s in. Ons paaie kruis met sy pragtig geïllustreerde bibliofiele digbundel “De weg ernaartoe” – ’n verslag oor sy fietstog na Griekeland. Dreyer besit nou één eksemplaar. Dit is ’n baie beperkte en dus kosbare oplaag. Van de Ven en Dreyer deel nie net dieselfde tipe reislustigheid nie, maar ook ’n optimistiese maar gekompliseerde entoesiasme en ’n flambojante lewenstyl. Dreyer het die muurgedig “Opdrag” van Van de Ven vertaal.

 

Opdrag

 

As hierdie tyd my eens ’n sirkel trek

En die lewe raak onomlyn

Ag, kan jy my maar nektar verstrek

En ewig ‘n brok ambrosyn

 

En mag almal hul dan aan my vertoon

Wat gesterf het aan liefdesverdriet

Ek wil hulle so graag met my nektar beloon

My hoop van so sterf was verniet

 

••••

 

Opdracht

 

Als eens deze tijd mij een cirkel zal trekken

En leven limietloos zal zijn

Ach, wil mij dan enkel nog nektar verstrekken

En eeuwig een brok ambrozijn

En mogen dan allen zich voor mij vertonen

Die stierven van liefdesverdriet

Ik wil hen zo graag met mijn nektar belonen

Zo sterven, dat lukte mij niet

 

__________

 

Nick J. Swarth het in 2005 Jacques van de Ven as tweede stadsdichter van Tilburg (oftewel X-burg, so hy die stad noem) opgevolg. Hy was sekerlik die mees maatskaplik betrokke en internasionaal georiënteerde stadsdigter wat Tilburg kon aanwys. Aan die einde van sy tydperk as stadsdigter in 2007 publiseer Swarth sy digbundel “Naked City Poems”. Dit is ook in Engeland bekendgestel. Daarna volg nog twee digbundels in 2009 en 2012 – “Mondo manga” en “Mijn onsterfelijke lever” – albei by Uitgewery IJzer. Swarth tree dikwels met sy rockkant in Duitsland op onder de naam “Betonfraktion”. Oor sy digterskap sê Swarth: “Het dichterschap doet recht aan de absurditeit van het bestaan, omdat het even zinloos is als dat bestaan zelf.” Die deurlopende poësieprojek wat Swarth sedert 2008 in die kollig plaas is sy plekgedigte, tans bekend as “On-Site Poetry”. Dreyer het “mossiemaniere” vertaal, één van sy muurgedigte. Die gedig hou milde kritiek in oor die kwesbaarheid van wat ons vandag  beskawing noem.

 

mossiemaniere

 

 

Het u al ooit gevoel dat waar

mense beskawing in dominostene spel

vooruitgang ‘n fladderende mossie is

 

Ek ook nie. Maar stel u voor

duisende stene in ‘n bouvallige saal

en dan die mossie, ‘n veer in vrye val

of ‘n blerts uit sy boude (bepaald geen

presisiebombardement)

 

Beskawing is ‘n mooi woord, meestal

sonder stert.

Dan die boudjies. Mossieboudjies, meedoënlose alie

Eiers soos klippies sonder punte

broeis geknoei

 

Maar mossie of metafoor, as u beskawing

gaan*, ag, moenie die kleintjie blameer nie

 

*Vertalersnota: Ek weet wat teloorgaan beteken – tot niet gaan. Maar aangesien ek dikwels ook oor karre en ritte deur die woestyn skryf, weet ek dat as ’n kar se ratkas “gaan”, jy maar ’n nuwe kar kan gaan koop.

 

***

 

mussenmanieren

 

 

Hebt u wel eens het gevoel dat waar

men beschaving in dominostenen spelt

vooruitgang een fladderende mus is

 

Ik evenmin. Maar stel u voor

duizenden stenen in een bouwvallige hal

en dan de mus, een veer in vrije val

of een kledder uit zijn bips (bepaald geen

precisiebombardement)

 

Beschaving is een mooi woord, gewoonlijk

zonder staart

Dan bips. Mussenbips, meedogenloze krent

Eitjes als keitjes zonder punt

broeds gestunt

 

Maar mus of metafoor, gaat uw beschaving

teloor, ach, reken het de kleine niet aan

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Die goue era van analoogmetaforiek.
Digtersprofiel: Tom Dreyer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Krige Visser. Aantrekkende naak
  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval
  • Jeanne Henning Els. wholeworld

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d