Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 202425 July 2024

AVBOB Poësiekompetisie begin 1 Augustus 2024

 

 

Nuutbegin: Die 2025 AVBOB Poësiekompetisie skop af

 

Die 2025 AVBOB Poësiekompetisie open amptelik op 1 Augustus 2024. Digters uit alle uithoeke van Suid-Afrika word uitgenooi om oorspronklike gedigte in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike tale vir hierdie gesogte kompetisie in te skryf. Met ruim kontantpryse wat op die weninskrywings wag, is hierdie ‘n gulde geleentheid vir talentvolle woordkunstenaars om hulle merk te maak.

Soos vantevore versoek AVBOB Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing om hulle mees begeesterende woorde van liefde, hoop, moed en vertroosting voor te lê. Deelnemers kan weer soos in die verlede gedigte inskryf oor die temas liefde, dood, geboorte en hoop. As dinamiese opdatering kondig ons vanjaar met groot genoeë die nuwe, vyfde tema in die AVBOB-poësiekompetisie aan – ʼn tema waarin AVBOB se verbintenis tot die viering van die transformerende oomblikke in die lewe weerspieël word. Gepas getiteld New Beginnings, word digters hierdeur uitgenooi om die opwindende moontlikhede van ‘n nuwe begin en die diepe vreugde wat gepaard gaan met die aanvang van ʼn nuwe hoofstuk in die lewe te verken. In die lig van ʼn toekomsgerigte visie moedig ons digters van alle agtergronde aan om hulle verhale van veerkragtigheid, hoop en die grenslose optimisme wat met ‘n nuwe begin gepaardgaan (selfs terwyl teëspoed ons in die gesig staar) te deel. Sluit by ons aan om die betowering wat opgesluit lê in ‘n nuwe begin en die oneindige potensiaal van dit wat nog voorlê te vier.

Die beste inskrywings in elke taalkategorie sal in die aanlyn AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer word wat vir die digter ‘n publikasiefooi van R300 beteken. Die wenners in elke taalkategorie ontvang ‘n groot prys van R12 500. Dit sluit R10 000 kontant, ‘n R2 500 boekbewys en die gesogte AVBOB Poësietrofee in.

Carl van der Riet, hoof uitvoerende beampte van AVBOB beweer: “Al het die kompetisie vir baie van ons ‘n jaarlikse ritueel geword, word ons elke keer ten seerste geraak deur die diepte en eerlikheid van die inskrywings wat ons ontvang. Wanneer ons innig geraak word, hetsy deur vreugde of verdriet, wend ons ons dikwels tot poësie vir geselskap, vertroosting en helderheid. Dit is in sulke tye dat ons heel waarskynlik die treffendste woorde sal vind om ons diepste emosies uit te druk. Daarom – die doel van die AVBOB Poësiekompetisie was, en sal in die toekoms steeds wees, om ‘n enkele platform te skep waarop Suid-Afrikaners hulle mees intieme gevoelens kan deel. Die AVBOB Poësie-webwerf bevat reeds meer as 22 000 gedigte. Toe hierdie kompetisie van stapel gestuur is, sou ons nooit van so ’n argief wat oor tale en sosiale versperrings heen strek, kon droom nie.”

Digters mag ʼn maksimum van 10 gedigte via die aanlyn platform indien. Die beste drie gedigte in elke taalkategorie sal in die jaarlikse gedrukte bloemlesing verskyn. Alle gedigte op die kortlys sal in Engels vertaal word in die gees van begrip en eenheid onder Suid-Afrikaners.

Die AVBOB Poësie-blog en sosiale media-platforms bied wenke oor hoe om te begin, asook wenke en raad van die beoordelaars. ’n Reeks gratis bronne is ook beskikbaar op die AVBOB Poësie-webwerf om aspirantdigters te ondersteun en aan te moedig. Dit sluit kundige advies, artikels oor suksesvolle digters en redaksionele riglyne in. ‘n Reeks gratis aanlyn werkswinkels wat vanjaar tydens en na die kompetisie-indieningstydperk aangebied word, het al groot sukses opgelewer. In hierdie werkswinkels word deelnemers blootgestel aan die insigte en idees van ervare digters en uitgewers.

Om aan die 2025 AVBOB Poësiekompetisie deel te neem, registreer eenvoudig by www.avbobpoetry.co.za. Skryf tussen 1 Augustus en 30 November 2024 tot 10 gedigte in enige van Suid-Afrika se ampstale in. Wie weet? Jy is dalk een van die gelukkige wenners!

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d