Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 202425 July 2024

AVBOB Poësiekompetisie begin 1 Augustus 2024

 

 

Nuutbegin: Die 2025 AVBOB Poësiekompetisie skop af

 

Die 2025 AVBOB Poësiekompetisie open amptelik op 1 Augustus 2024. Digters uit alle uithoeke van Suid-Afrika word uitgenooi om oorspronklike gedigte in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike tale vir hierdie gesogte kompetisie in te skryf. Met ruim kontantpryse wat op die weninskrywings wag, is hierdie ‘n gulde geleentheid vir talentvolle woordkunstenaars om hulle merk te maak.

Soos vantevore versoek AVBOB Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing om hulle mees begeesterende woorde van liefde, hoop, moed en vertroosting voor te lê. Deelnemers kan weer soos in die verlede gedigte inskryf oor die temas liefde, dood, geboorte en hoop. As dinamiese opdatering kondig ons vanjaar met groot genoeë die nuwe, vyfde tema in die AVBOB-poësiekompetisie aan – ʼn tema waarin AVBOB se verbintenis tot die viering van die transformerende oomblikke in die lewe weerspieël word. Gepas getiteld New Beginnings, word digters hierdeur uitgenooi om die opwindende moontlikhede van ‘n nuwe begin en die diepe vreugde wat gepaard gaan met die aanvang van ʼn nuwe hoofstuk in die lewe te verken. In die lig van ʼn toekomsgerigte visie moedig ons digters van alle agtergronde aan om hulle verhale van veerkragtigheid, hoop en die grenslose optimisme wat met ‘n nuwe begin gepaardgaan (selfs terwyl teëspoed ons in die gesig staar) te deel. Sluit by ons aan om die betowering wat opgesluit lê in ‘n nuwe begin en die oneindige potensiaal van dit wat nog voorlê te vier.

Die beste inskrywings in elke taalkategorie sal in die aanlyn AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer word wat vir die digter ‘n publikasiefooi van R300 beteken. Die wenners in elke taalkategorie ontvang ‘n groot prys van R12 500. Dit sluit R10 000 kontant, ‘n R2 500 boekbewys en die gesogte AVBOB Poësietrofee in.

Carl van der Riet, hoof uitvoerende beampte van AVBOB beweer: “Al het die kompetisie vir baie van ons ‘n jaarlikse ritueel geword, word ons elke keer ten seerste geraak deur die diepte en eerlikheid van die inskrywings wat ons ontvang. Wanneer ons innig geraak word, hetsy deur vreugde of verdriet, wend ons ons dikwels tot poësie vir geselskap, vertroosting en helderheid. Dit is in sulke tye dat ons heel waarskynlik die treffendste woorde sal vind om ons diepste emosies uit te druk. Daarom – die doel van die AVBOB Poësiekompetisie was, en sal in die toekoms steeds wees, om ‘n enkele platform te skep waarop Suid-Afrikaners hulle mees intieme gevoelens kan deel. Die AVBOB Poësie-webwerf bevat reeds meer as 22 000 gedigte. Toe hierdie kompetisie van stapel gestuur is, sou ons nooit van so ’n argief wat oor tale en sosiale versperrings heen strek, kon droom nie.”

Digters mag ʼn maksimum van 10 gedigte via die aanlyn platform indien. Die beste drie gedigte in elke taalkategorie sal in die jaarlikse gedrukte bloemlesing verskyn. Alle gedigte op die kortlys sal in Engels vertaal word in die gees van begrip en eenheid onder Suid-Afrikaners.

Die AVBOB Poësie-blog en sosiale media-platforms bied wenke oor hoe om te begin, asook wenke en raad van die beoordelaars. ’n Reeks gratis bronne is ook beskikbaar op die AVBOB Poësie-webwerf om aspirantdigters te ondersteun en aan te moedig. Dit sluit kundige advies, artikels oor suksesvolle digters en redaksionele riglyne in. ‘n Reeks gratis aanlyn werkswinkels wat vanjaar tydens en na die kompetisie-indieningstydperk aangebied word, het al groot sukses opgelewer. In hierdie werkswinkels word deelnemers blootgestel aan die insigte en idees van ervare digters en uitgewers.

Om aan die 2025 AVBOB Poësiekompetisie deel te neem, registreer eenvoudig by www.avbobpoetry.co.za. Skryf tussen 1 Augustus en 30 November 2024 tot 10 gedigte in enige van Suid-Afrika se ampstale in. Wie weet? Jy is dalk een van die gelukkige wenners!

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d