Kunswerk: Daniela (9 jaar oud)
Augustus is tradisioneel vrouemaand, maar Versindaba nooi nou digters om gedigte in te stuur oor vroue, mans en kinders. Die wenner ontvang R1000 prysgeld.
Vereistes
- Gedigte oor vroue, mans en kinders word in aanmerking geneem vir dié kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is.
- Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel, ‘n versamelbundel, ʼn literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet) opgeneem wees nie.
- Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
- Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee skrywers Versindaba outomaties toestemming om die gedig later in ‘n bundel te plaas. Geen outeursreg sal betaal word nie.
- Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
- Geen foto’s of ander media mag gedigte vergesel nie.
- Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2024.
- Inskrywings moet as ‘n Word-dokument, Arial 11, enkelspasiëring by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n epos gestuur word, sal aanvaar word nie.
- Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Digternaam, 2024
- Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com
Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.
Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.