Het van Verlangekraal
is ek
met poele in my oë
rok van katoen
en drome in satyn
eet die lekkers van jou gawes
proe tartufi op my tong
in die plaaskombuis foie gras
op witdoek tafels
daar’s kerse
en in die lug ‘n sagte jazz
‘n beminde is ek
binne my
© Margaret Cordier