
Beste lesers
Die eerste uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde in 2024 (vol. 61, no. 1) is ’n temanommer wat die verskynsel van feminismes in Suid-Afrikaanse letterkundes ondersoek. Die gasredakteur was Marni Bonthuys (Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland).
Die bydraes in hierdie uitgawe ondersoek temas soos die invloed van feministiese baanbrekers in Suid-Afrikaanse letterkundes, Suid-Afrikaanse feministiese stemme vanuit ’n transnasionale perspektief, ekofeminisme in Suid-Afrikaanse letterkundes, feminismes in verskillende genres van Suid-Afrikaanse letterkunde, queer feminismes in Suid-Afrikaanse letterkundes en swart, interseksionele, postkoloniale stemme in Suid-Afrikaanse letterkundes. Suid-Afrikaanse letterkundes geskryf in tale soos Afrikaans, Engels en Xhosa word onder meer betrek.
Benewens bogenoemde navorsingsartikels bevat die uitgawe ook soos gebruiklik ‘n stewige resensie-afdeling waarin onlangse publikasies beoordeel word.
Geniet die uitgawe! Lees dit gerus hier.
