Die ikonografie van die verbeelding
I
In ‘n ander sleutel is die werk van Northrop Frye (1912 – 1991) ‘n Kanadese kritikus en teoretikus. Tekste, volgens hom, verbeeld nie die werklikheid of natuur nie, maar moet eerder benader word as argetipes.
Die invloed van sy werk op Harold Bloom is bekend. Bloom het vir maande lank met Frye se Anatomy of Criticism (1957) geloop voor hy begin het met sy studie The anxiety of influence (1973). Die hele kwessie van die precursor so beklemtoon.
Hy het klasgegee in Toronto en had ‘n ereprofessoraat aan Harvard. Ook geen doktorale studie voltooi nie, ofskoon elke studie in sigself benader kan word asof dit ‘n doktorsgraad is.
In Spiritus Mundi (1976) gebruik hy die konsep argetipes. Die heruitgawe is van Indiana University Press in 1983 en die subtitel is tersaaklik Essays on Literature, Myth, and Society.
Die invloed van sy werk kan in die romans van Margaret Atwood gesien word wanneer hy skryf oor die Kanadese identiteit wat gedefinieer kan word as ‘n vrees vir die natuur en die impak van die setlaarsgeskiedenis. Is dit dalk waarom daar dikwels afstandelikheid is?
‘n Reis deur Frans-Kanada was ‘n blik op distansie. ‘n Ervaring van mense wat on-spontaan en gedistansieerd is.
http://joanhambidge.blogspot.com/2013/03/om-alleen-te-reis-n-lacaniaanse.html Besoek 21 Augustus 2024
II
Jonathan Hart se insigryke studie oor Frye word tipeer as ‘n teoretiese verbeelding. Hart, digter en Kanadees, gee ‘n besondere blik op hierdie teoretikus. Studies oor William Blake, T.S. Eliot, die Bybel en godsdiens én metaforiese konstruksies.
Jonathan Locke Hart is sy digtersnaam:
Dreams are unacknowledged
And, being nothing
Legislate nothing (5).
Watter argetipes vind ons in Wallace Stevens via Frye?
Not Ideas About the Thing But the Thing Itself
At the earliest ending of winter,
In March, a scrawny cry from outside
Seemed like a sound in his mind.
He knew that he heard it,
A bird’s cry, at daylight or before,
In the early March wind.
The sun was rising at six,
No longer a battered panache above snow…
It would have been outside.
It was not from the vast ventriloquism
Of sleep’s faded papier-mâché …
The sun was coming from outside.
That scrawny cry–It was
A chorister whose c preceded the choir.
It was part of the colossal sun,
Surrounded by its choral rings,
Still far away. It was like
A new knowledge of reality.
Winter, wind, sneeu, die son, voëls. En via Frye sal ons die volledige digkuns van Stevens moet betrek om hierdie gedig volledig te ontsluit. Veral hierdie gedig is relevant:
Peter Quince at the Clavier
I
Just as my fingers on these keys
Make music, so the self-same sounds
On my spirit make a music, too.
Music is feeling, then, not sound;
And thus it is that what I feel,
Here in this room, desiring you,
Thinking of your blue-shadowed silk,
Is music. It is like the strain
Waked in the elders by Susanna;
Of a green evening, clear and warm,
She bathed in her still garden, while
The red-eyed elders, watching, felt
The basses of their beings throb
In witching chords, and their thin blood
Pulse pizzicati of Hosanna.
II
In the green water, clear and warm,
Susanna lay.
She searched
The touch of springs,
And found
Concealed imaginings.
She sighed,
For so much melody.
Upon the bank, she stood
In the cool
Of spent emotions.
She felt, among the leaves,
The dew
Of old devotions.
She walked upon the grass,
Still quavering.
The winds were like her maids,
On timid feet,
Fetching her woven scarves,
Yet wavering.
A breath upon her hand
Muted the night.
She turned—
A cymbal crashed,
And roaring horns.
III
Soon, with a noise like tambourines,
Came her attendant Byzantines.
They wondered why Susanna cried
Against the elders by her side;
And as they whispered, the refrain
Was like a willow swept by rain.
Anon, their lamps’ uplifted flame
Revealed Susanna and her shame.
And then, the simpering Byzantines
Fled, with a noise like tambourines.
IV
Beauty is momentary in the mind—
The fitful tracing of a portal;
But in the flesh it is immortal.
The body dies; the body’s beauty lives.
So evenings die, in their green going,
A wave, interminably flowing.
So gardens die, their meek breath scenting
The cowl of winter, done repenting.
So maidens die, to the auroral
Celebration of a maiden’s choral.
Susanna’s music touched the bawdy strings
Of those white elders; but, escaping,
Left only Death’s ironic scraping.
Now, in its immortality, it plays
On the clear viol of her memory,
And makes a constant sacrament of praise.
(in Harmonium, 1923).
Die ewige verbond tussen lewe en dood. Digkuns en musiek. Met die verwysing na Sussana en die ouderlinge (ook:oudstes). Die Hebreeuse meisie wat afgeloer word deur die ouderlinge wat haar afdreig vir seks. Wanneer sy weier, word sy vervolg. Leuens uiteraard en uiteindelik word sy vrygespreek en vervolg vir hul oortreding. Vergelding in die ou-Testamentiese sin van die woord. Opgeteken Ou-Testamentiese apokriewe teks Die Boek van Susanna. ‘n Aanvulling tot Die Boek Daniël.
Watter boom was dit? Die twee ouderlinge se leuens word uitgewys: twee verskillende bome …
Dat alles weer en weer herhaal word? Begeerte wat nie uitgespeel kan word nie? Die musiek is eweneens belangrik in hierdie gedig.
Just as my fingers on these keys
Make music, so the self-same sounds
On my spirit make a music, too.
Music is feeling, then, not sound;
Wat met musiekinstrumente konkreet verbeeld word.
Verskeie kunstenaars het al die gegewe van Sussanna verewig.
The body dies; the body’s beauty lives (soos Stevens tereg uitwys).
https://en.wikipedia.org/wiki/Susanna_and_the_Elders_in_art Besoek 21 Augustus 2024
Vir Artemisia Gentileschi se kunswerk:
https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/04/Susanna_and_the_Elders_%281610%29%2C_Artemisia_Gentileschi.jpg/800px-Susanna_and_the_Elders_%281610%29%2C_Artemisia_Gentileschi.jpg Besoek 21 Augustus 2024
Joan Hambidge
Kaapstad
22 Augustus 2024
Bronne:
Hart, Jonathan Locke. 1994. Northrop Frye : the theoretical imagination. Londen: Routledge.
Salusinszky, Imre. 1987. Criticism in Society : Interviews with Jacques Derrida, Northrop Frye, Harold Bloom, Geoffrey Hartman, Frank Kermode, Edward Said, Barbara Johnson, Frank Lentricchia and J. Hillis Miller. London: Methuen.
Fearful Symmetry
Hoe maak ons sin alweer vra jy
van ‘n moord in ‘n pakkamer wreed-
aardig ‘n jong meisie deur ‘n skoolmaat gemes
sy naam sal waarskynlik nooit bekend word weens die wet
dat minderjariges se identiteit beskerm moet word al het
‘n klasmaat gister nog saam op die skoolbanke gesit en leer
van die samehang tussen alles dalk al die matriekafskeid beplan
maar via Northrop Frye oor die ikonografie van die verbeelding
en die vrees vir dit wat van buite kan bedreig wonder ek tog hoe
hy sou reageer op ‘n dorpie in die Overberg waar almal mekaar se name ken
in ‘n dorp met ‘n spoorlyn en ‘n kerk en winkels en ‘n munisipaliteit en ‘n skool
dat alles subiet sonder ‘n omhaal van woorde almal in ellende sou dompel vir altyd verby
© Joan Hambidge
Van sy belangrikste tekste:
- Fearful Symmetry: A Study of William Blake
- Anatomy of Criticism
- The Educated Imagination
- Fables of Identity
- T. S. Eliot
- The Well-Tempered Critic
- A Natural Perspective: The Development of Shakespearean Comedy and Romance
- The Return of Eden: Five Essays on Milton’s Epics
- Fools of Time: Studies in Shakespearean Tragedy
- The Modern Century
- A Study of English Romanticism
- The Stubborn Structure: Essays on Criticism and Society
- The Bush Garden: Essays on the Canadian Imagination
- The Critical Path: An Essay on the Social Context of Literary Criticism
- The Secular Scripture: A Study of the Structure of Romance
- Spiritus Mundi: Essays on Literature, Myth, and Society
- Northrop Frye on Culture and Literature: A Collection of Review Essays
- Creation and Recreation
- The Great Code: The Bible and Literature
- Divisions on a Ground: Essays on Canadian Culture
- The Myth of Deliverance: Reflections on Shakespeare’s Problem Comedies
- Harper Handbook to Literature (with Sheridan Baker and George W. Perkins)
- On Education
- No Uncertain Sounds
- Myth and Metaphor: Selected Essays
- Words with Power: Being a Second Study of The Bible and Literature
- Reading the World: Selected Writings
- The Double Vision of Language, Nature, Time, and God
- A World in a Grain of Sand: Twenty-Two Interviews with Northrop Frye
- Reflections on the Canadian Literary Imagination: A Selection of Essays by Northrop Frye
- Mythologizing Canada: Essays on the Canadian Literary Imagination
- Northrop Frye on Shakespeare
- Northrop Frye in Conversation (an interview with David Cayley)
- The Eternal Act of Creation
- Collected Works of Northrop Frye
- Northrop Frye on Religion
Dankie weer eens, Joan. Hierdie skrywes bly uitstekende rigtingwysers.