wêreld op papier
digters het alles vasgevang, van ‘n asemsnak tot die
uitgebreide lang
kreupele se tengermooi uiteindelike skuifelgang
en sug,
gevat wat sangers en singers gee
‘n uitspansel op papier, orff se driftige kantata
carmina burana, die ligpienk perskebloeiseltros ontplof
een augustusoggend
die wêreld is ‘n konstruk op papier
kleurvol en wintervaal,
stowwerige westransvaal klankryk en grafstil,
deur digters gedig, dis seerooglelie en sagte voete
oor ‘n groen grasperk, lemoen
lemoen
© Nicolaas Geldenhuys, 2024