malelane
vir my het sy haar stem oor sewe seë uitgespreek
met jazz en pizzazz het sy haar uitgestrek
mhoba-rum een oggend
by malelane met my gedrink, vir my
pierre cardin uit haar bene geskink
‘n kookpot stroopsoet, half-geraffineer
vir my het sy haar tong aarbeirooi haar mond nat geplooi
pêrelwit gelag, uit die piesangkelk geproe lipsag in vervoering
gewag vir ‘n middagstorm om verby te dryf,
deurweekte dorp, streelkalm vir my is die dag ge-lelie denim leer
gesand geson 1200cc op twee wiele, rubber teer, ge-frangipani geel
ge-lalapalm stoom gesuikerwalm noord-natal see kleurvol op my getattoeëer,
duiselig daarin omsoom ons was bestem vir hierdie reis
en dit was ons bestemming intens vir my was sy skarlaken
malelane gewees
© Nicolaas Geldenhuys, 2024