Onvergeetlik
Hier waar ek sit,
kan ek hoor hoe
ou kerkbankies kreun
skielik sak stilte
oor die siersteengebou
my gedagte begin dwaal ver…
hierbinne met ‘n bruid getrou
wie se ás, ek op dieselfde dag
moes strooi in die blomparfuumtuin van onthou.
© Zebulon Kochk, 2024