Koning Woord
woord word wording
wanneer ʼn woord
vasgespyker word
aan kruis van wit papier
die papier plek moet maak vir ʼn skeppingswerk
buite die kader van skepsel se skeppingshand
want woord word liefde
in die oase van vrye
omgang met die vlees
wat bloed moet trek
deur spykerwonde –
om die doringkroon
na binne te neem
die kledingstukke uit te loot
en wanneer die “my god, my goed
gedeelte” – my verlaat
van vrye voorspraak te weet
breek die belofte van ʼn nuwe dag,
ʼn e-Ra,
vir iedereen om op te skryf
aan die plankie
bó die offerbloed:
hier hang ‘woorde’
opgewek uit die dode
oftewel
wording word Woord
© Bester Meyer, 2024
