Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2024

Nini Bennett-Moll

 

 

Plantasie

 

Ek is ’n bioom

sampioenspore en lugstrome

vertak tot filament en fungi dis die moederbome

wat haar saailinge voed,

miselium se waarskuwings betyds SOS –

as die matriarge in gevaar verkeer, staar

die hele woud uitwissing in die gesig.

Ek is ’n boom, ’n misterieuse Gestalt

ek verstaan lokus beter as bewegende diere

bome vorm alliansies en kolonies

die bejaardes met die skeletagtige winterkrone

verdring nie mekaar vir lig nie

al wag die kroonprinse dat die monarge val –

die tydlyn van bome beweeg stadig, beweeg

oor honderde jare.

Ek is ’n boom, ’n biologiese filosoof

net die ingewydes in die eike,

die pratende orakels, verstaan die profesieë

van duif en dendromansie en

ek is ’n ekosoniese koor; die voëls se stofbad

voorspel lang sillabes reën, digte druppels kolloïde

want ek is my eie chronoloog, ek weet

dat jaarringe my outobiografie

van droogtes en oorstromings, vulkane en aardverwarming, is

hoe donker bloei my ringe in laat somer,

hoe lig herhaal die keerkring van lente.

Ek is ’n boom, ’n katedraal;

in my saad vonk die ewigheid, versprei

vlermuise en voëls my diaspora

getrou aan die antieke wet van leef.

 

© Nini Bennett-Moll, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka
  • Digtersprofiel: Hennie Nortjé
  • Margaret Cordier-Biermann. Vonnis

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d