Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 November 20242 November 2024

Dan Roodt. Die dandy

 

Die dandy

 

Met wandelstok tik hy morsekode neffens die boulevard.

Sy skoene blink vlekkeloos, sy krawat is allermins ringard.

Sy pluiskuil troon oor die heelal soos Oom Paul s’n.

Van agter sy monokel soek hy grootogig ‘n nuwe begin

vir die eerste paragraaf van sy roman ‘n verwerping

van slegte smaak en futiele openbare besinning.

 

Hy vlug van die warm son, die stof en gepeupel op straat

na die Paryse arkade, hou met sy hempmaker beraad.

In die spieël gewaar hy die beste kunswerk wat hy het:

sy wel geklede, geparfumeerde, sjiek silhoeët.

Die troebel glasdak laat lig na binne filter en flonker

byna so goed soos ‘n fluweelgordyn se donker.

 

Die aarde verouder, omhels die ruïnes en pretensie

van ons beskawing in die uur van sy dekadensie.

Die tegniek skep dinosouriërs van metaal

voorspel die einde soos ‘n klinkende simbaal.

Al wat tel is ‘n paar laaste hedonistiese oomblikke

die lewe wat wegsyfer soos vroueliefde in snikke.

 

By die boekbinder vertoon sy pols ‘n kloppende aar

as hy betaal vir ‘n kunstig gebonde eksemplaar.

Die strelende sensualiteit van leer, gom en papier

maak dit draagliker soos ‘n mansjetknoop van saffier.

Later vanaand by dowwe kerslig sal hy die fraaie

voorwerp oopslaan en smul aan die blaaie.

 

© D.F. Roodt, 2024

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Dan Roodt. Die dandy”

  1. Salomé Malherbe says:
    1 November 2024 at 13:39

    Kosbaar soos fluweel en fyntjies deur die Tydreiseger se droom met verbeeldingsvlugte aanmekaar gevlans.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d