Vertaling van Frans in Afrikaans: “L’albatros” (Charles Baudelaire)
Vertaal deur Dan Roodt
Die albatros
Dikwels, in ‘n grap, vang matrose
uitgestrekte seëvoels, die albatrosse
wat die skip volg, lui reisgenote
al langs die bitter branderrosse.
Skaars is hulle op die planke neergesit,
Of dié konings van die blou, lomp en verleë,
Laat jammerlik hul groot vlerke so wit
Soos roeispane langs hul vee.
Dié gevleuelde reisiger, watter ruggraatlose gewaggel!
Hy, netnou nog so pragtig, hoe komies en skeef!
Een teister sy bek met ‘n pyp, ‘n kaggel,
‘n Ander boots al hinkend na die kreupele wat kon sweef!
Die Digter is soortgelyk aan die prins van newels
Wat in die storm dool en die boogskutter beskou as pret;
Verban tot die grond te midde van gésels,
Weerhou sy reusevlerke hom van enige tred.
♦♦♦
L’albatros
Charles Baudelaire
Souvent, pour s’amuser, les hommes d’équipage
Prennent des albatros, vastes oiseaux des mers,
Qui suivent, indolents compagnons de voyage,
Le navire glissant sur les gouffres amers.
À peine les ont-ils déposés sur les planches,
Que ces rois de l’azur, maladroits et honteux,
Laissent piteusement leurs grandes ailes blanches
Comme des avirons traîner à côté d’eux.
Ce voyageur ailé, comme il est gauche et veule !
Lui, naguère si beau, qu’il est comique et laid !
L’un agace son bec avec un brûle-gueule,
L’autre mime, en boitant, l’infirme qui volait !
Le Poète est semblable au prince des nuées
Qui hante la tempête et se rit de l’archer ;
Exilé sur le sol au milieu des huées,
Ses ailes de géant l’empêchent de marcher.
Afkomstig uit: Les fleurs du mal (1861)
Oorspronklike teks met verskeie vertalings in Engels, o.a. van die Suid-Afrikaanse digter Roy Campbell: https://fleursdumal.org/poem/200.
Eeste uitgawe: Poulet-Malassis & de Broise, Paris 1857 (aanlyn te koop vir €170 000).

‘n Knap vertaling van ‘n digter wat die bronteks goed ken en die gedig hierom naatloos transporteer. Ons sien uit na nog van hierdie vertalings.