LYDENSWEG
(Hospitale)
Saint Francis.
Saint Peter.
Saint Paul.
Personeel lag in die gange.
Pasiënte bid in beddens.
Families huil langs oop grafte.
Saint Anne.
Saint Mary.
Saint Helen.
Die wat betaal mag bly leef.
Dokters met hande vol bloed
word vir hul foute vergeef.
Calvary.
Holy Cross.
Faith.
Die Here in die hemel weet
vir ons kan hul belieg en roof,
voor Hom gaan hul bieg, God weet.
© Frans van Rensburg, 2024
Briljant!