alfabet van die rooi asdrom
na bowe geëts dié weggooi-verwerp –
’n rooi drom propvol rafelpapiere op ’n grofgrein tafel
gleuf na gleuf spleet die drom se tralies
frommelwoorde en verskeurde sinne
reflekteer verlossendrooi ook genade-alfabet vanaf
die skedelkop in die land van melk en heuning
toe daardie mensverwerpte nie-waardig-nie drommelsiel
die alfa en omega word van elke verlore enkeling
©Henriëtte van Wyk, 2024