Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 December 2024

Nuwe Bundel. Juan Coetzer: Ligspoor

Ligspoor

Juan Coetzer

Omslag

Ligspoor as bundeltitel word ontleen aan die militêre wêreld: ’n fosforbehandelde projektielpunt wat by afvuur momenteel ’n sigbare koeëlbaan laat. Talle gedigte is dus kort en kontaksoekend, visueel en evokerend; van aard eerder impressionisties as surrealisties. Militêr georiënteerd, word ’n meer gebonde as vrye versvorm gebruik.

Ligspoor bevat jeug- en militêre herinneringe en die omwerkings daarvan tot wyer metafore. Sommige gedigte is noodwendig die draers van ’n gespierde idioom waarmee sensitiewe lesers o.a. weens geloofsredes, dalk ongemak kan hê.

Die uitbeeld van manlike subkultuur- e.a. brutaliteite is, volgens die outeur wat kort voor sy weermagtyd tot geloof gekom het, nie ’n refleksie van persoonlike oortuigings nie, maar van die profaniteitsmilieu wat ’n onderliggende en jong Christenskap sublimerend deurworstel. Geïndividualiseerde hersirkulering van die geskiedenis, selfspot en gepoogde alledaagsheid- en vreemdelingsbeswering, word ook gedryf deur ’n transenderingsdrang.

Die eksistensialistiese soeke van die bundel speel op mikro-sosiale, interpersoonlike en individuele vlakke af en vind sy vervulling in o.a. ’n teksgesentreerde ars-poetica, herstellende geloofsoriëntering en uiteindelike dekonstruksie van machoïstiese stereotipes.

Oor die outeur

Juan Coetzer is in 1961 in Durban gebore en het op Stanger en Greytown in die Natalse platteland grootgeword. Na ’n tydperk in die weermag en polisie, het hy teologie (onvoltooid) en maatskaplike werk op Tukkies studeer, waarna hy werksaam was by verskeie welsynsorganisasies en sendingstasies. Hy woon in Pretoria, is enkellopend en deeltyds betrokke by geloof- en gemeenskapsinisiatiewe.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Martin Kruger: Gekaapte stad
Nuwe Bundel. Gerhard Barkhuizen: Strik →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d