deal
as god wat lewens skep en eindig, luister,
hier is die deal
kom ons luister na joe cocker se bewerige krasbaard stem net nog
een maal terwyl hy lewe
en as daar saam besluit is, een laaste keer,
op kitaar klavier en fluit,
sou dit wees waarmee ons moet saam leef?
tyd om te gaan? vir ewig sy hoed in ons hand hou?
© Nicolaas Geldenhuys, 2024
***
life support system
die impetus perpetueel, jongeling kartets
straataf in rooi-en-silwer metaal
die geel boom is bruin binnekort in sy herhaal
pendulum uitskot en verval eb en vloei
gloei en stol herfs en wintersterf
die heelal nimmereindigende
ewigdurende beweging
masjien
© Nicolaas Geldenhuys, 2024
***
kar
en in ons good ou memories kar
sing michael mcdonald die son oop, en met die dooby
brothers ry ons
damwal toe en,
soen
uit jou oë pou
vere
hulle sprei
groen onthou, blou
ontvou
jy in my,
en die pers van lilli
put se lelies in ons kar,
peperment op ons tong
het joe cocker se toe-onverstaande seer stem
luid uitgekras en uitgekeel,
nou ge-
stil,
in ons ou roeskar gespeel
en van morrison
oor en oor
tot die kwevoëls en kosmos
dit vroegdag luid kon hoor
© Nicolaas Geldenhuys, 2024