lemoene
op ‘n dag van
veraf bewegende treilers
vol halfryp lemoene in die son
en bruingebrande arms hang uit gelaaide bakkies,
waar werkers gou water drink en heeldag sweet,
waar mens eindeloos wag
vir ‘n ryper een wat êrens in die boord wag
om geel te raak, lemoen te raak
en soet as mens hom oopmaak
en die bitter skil verby is,
— mens wens jy kan ontbloot, soos in die hartstog van die leo sayer song,
hoe hy die honde en hulle hom onthou, soos hy huis toe kom,
lemoene in sy stem al langs die laan in die blinde son
swawels op ‘n draad en in ‘n wit omarming bloeiselsoet
by die voordeur
haar opraap en die ryp lemoen
in haar oopkraak
© Nicolaas Geldenhuys, 2025